Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Cell C bly Haaie se borg ondanks geldtekort
Dylan Richardson van die Haaie. Dié span word deur Cell C geborg. Foto: Getty Images

Skaars ’n dag nadat hy die mark ingelig het hy gaan versuim om die rente of kapitaal op sy skuld te betaal, kondig Cell C aan hy is vir die volgende drie jaar nog die Haaie se hoofborg.

Dié borgskap geld reeds die afgelope ses jaar.

Douglas Craigie Stevenson, uitvoerende hoof van Cell C, sê in ’n verklaring die diensverskaffer beskou sy borgskap van die Haaie as “buitengewoon waardevol” en ’n manier om intekenare te betrek.

“Borgskappe help ons om bewustheid van ons handelsnaam sowel as verkope te bevorder.”

Hy beskryf die ooreenkoms as “lonend” sonder om uit te wei watter finansiële voordele dit vir die maatskappy inhou.

Cell C wou nie by navraag bevestig hoeveel dié borgskap in randwaarde is nie.

Volgens ’n woordvoerder is die ooreenkoms “kommersieel van aard en daarom vertroulik”.

Dinsdag se aankondiging dat hy nie meer die rente op skuld van meer as R2,68 miljard kan delg nie, het vrae laat ontstaan of Cell C nog ’n lopende saak is.

LEES OOK: Cell C stop betaling van rente aan beleggers

Oor waarom hy geld kan afstaan aan borgskappe eerder as om die rente op sy skuld te delg, was die woordvoerder se terugvoering dat Cell C nog in bedryf is en dat bemarkingsaktiwiteite deel van sy dagtaak uitmaak.

“Die borgskap van die Haaie was in die verlede baie waardevol en is steeds Cell C se belangrikste eiendom.”

Eduard Coetzee, uitvoerende hoof van die Haaie, sê die span is opgewonde oor die hernuwing van die ooreenkoms met Cell C.

Die sukkelende diensverskaffer is reeds in Augustus deur die kredietgraderingsagentskap S&P Global as ’n wanbetaler aangedui.

Volgens Stevenson is Cell C se versuim om die rente op sy skuld te betaal, deel van sy oorhoofse strategie om sy likiditeit te verbeter en sy balansstaat te herstruktureer.

Meer oor:  Cell C  |  Haaie  |  Netwerk  |  Diensverskaffer  |  Tegnologie  |  Selfoonnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.