Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Cell C deaktiveer torings in 3 provinsies

Voorafbetaalde Cell C-kliënte in die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap gebruik nou die seine van MTN se selfoontorings.

Cell C se kliënte word stuk-stuk na ander netwerke gemigreer, hoewel Cell C hul diensverskaffer bly. Foto: Bloomberg

Cell C het nou al 34% van sy selfoontorings landwyd gedeaktiveer as deel van die proses om ’n diensverskaffer sonder fisieke infrastruktuur te word.

Teen 2023 sal alle voorafbetaalde kliënte op MTN sweef terwyl kontrakkliënte op die Vodacom-netwerk sal wees.

Volgens Cell C beteken dit dat kliënte die beste voordele sal hê: bekostigbare data én ’n uitstekende verbinding.

Douglas Craigie Stevenson, uitvoerende hoof van Cell C, verduidelik: “Ons moes anders na dinge kyk. Cell C sal nie meer duur netwerkinfrastruktuur besit en bou nie, maar het ingestem om ’n vennootskap met die groter netwerkoperateurs te bewerkstellig om sy kliënte toegang tot ’n gehalte-netwerk te gee.

“Dit bied Cell C die vermoë om op die ontwikkeling van innoverende produk- en diensaanbiedinge te fokus en daarin te belê.”

As Cell C se strategie was om Vodacom- en MTN-netwerke in te haal, sou hy vir 18 jaar R1,5 miljard per jaar moes belê.

Simo Mkhize, handelshoof van Cell C, sê: “Ons swerwingsooreenkomste met netwerkvennote bied ons toegang tot netwerkkapasiteit om die beste waarde-aanbiedings vir ons kliënte te lewer. Ons stel planne in werking wat nie net pryse laat daal nie, maar ook pakkette aanbied wat verseker dat kliënte die meeste uit hul konnektiwiteit haal. ”

Met die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap wat nou swerf, sal Noordwes, Limpopo, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga volgende wees.

Gauteng is een van die plekke waar die Cell C-netwerk begin het en waar die infrastruktuur die sterkste is. Dit gaan daarom een van die laaste gebiede wees waar sy selfoontorings afgeskakel sal word.

Die fokus is vir eers op gebiede wat ernstige probleme met konnektiwiteit gehad het.

Volgens Cell C sal die verbinding steeds dieselfde bly as voorheen terwyl hy voortgaan om kliënte oor te skakel na sy vennootnetwerk, MTN, vir die volgende ses maande.

Meer oor:  Cell C  |  Data  |  Slimfone  |  Selfoonmaatskappye  |  Tegnologie  |  Internet  |  Telekommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.