Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Cell C delg nie eens meer rente op sy skuld
Cell C is in ’n finansiële verknorsing. Foto: Getty Images

Die sukkelende diensverskaffer Cell C is Donderdag nóg ’n knou toegedien nadat die kredietgradeerder S&P Global hom as ’n wanbetaler aangedui het.

Dit beteken Cell C kan nie eens meer die rente op sy skuld delg nie.

Volgens S&P sal Cell C waarskynlik nie al sy skuld, of minstens ’n groot deel daarvan, kan terugbetaal tensy hy dit spoedig herstruktureer of herkapitaliseer nie.

S&P het Cell C in Julie met vier vlakke tot selektiewe wanbetaling (SD) verlaag.

Donderdag is dit egter verder afgegradeer tot net wanbetaling (D), wat beteken die maatskappy is reeds agterstallig met die terugbetaling van skuld en daar is geen vooruitsig dat hy dit sal kan delg nie.

Cell C se skuldlas beloop reeds meer as R6 miljard.

In reaksie op die afgradering sê Cell C hy het in Julie opgehou om rente op sy skuld te betaal as deel van ’n “wyer poging” om sy likiditeit te verbeter en die maatskappy se balansstaat te herstruktureer.

Cell C skuld MTN ook etlike miljoene ingevolge ’n ooreenkoms waarvolgens Cell C van MTN se netwerkinfrastruktuur, insluitend selfoontorings, gebruik.

Cell C sukkel egter om MTN vir dié diens te betaal en het vroeër vandeesmaand ’n nuwe ooreenkoms met die selfoonreus aangegaan ten einde sy “kapitaaluitgawes en bedryfskoste te besnoei”.

Intussen het Blue Label Telecoms, wat ’n belang van 45% in Cell C besit, gesê hy verwag dat sy kernwesensverdienste per aandeel vir die jaar tot einde Mei met meer as 20% gaan daal weens Cell C se finansiële probleme.

Die maatskappy gaan nou eers sy resultate aanstaande maand uitreik omdat hy nog wag op die uitkoms van “belangrike gesprekke” wat Cell C tans nog met sy krediteure voer.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Blue Label  |  Selfoonnetwerk  |  Netwerk  |  Diensverskaffer  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.