Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Cell C en MTN werk nouer saam

Die selfoonoperateurs Cell C en MTN het die bepalings en voorwaardes vir hul nuwe swerfooreenkoms gefinaliseer.

Douglas Craigie Stevenson
Douglas Craigie Stevenson, wat as uitvoerende hoof van Cell C aangestel is.

Douglas Craigie Stevenson, wat pas as uitvoerende hoof van Cell C aangestel is nadat hy sedert Maart in die pos waarneem, het Woensdag gesê die ooreenkoms lê die grondslag vir ’n nog beter nasionale swerfooreenkoms om netwerkduplisering te vermy en om die las op die omgewing te verminder deur infrastruktuur te deel.

Dit maak diens aan verbruikers doeltreffender, meen hy.

Ingevolge die ooreenkoms kan Cell C se kliënte buite stedelike gebiede MTN se 3G- en 4G/LTE-netwerke gebruik.

Craigie Stevenson het in Oktober 2017 by Cell C begin werk as bedryfshoof. Hy het meer as 20 jaar se ervaring in die telekommunikasiebedryf, en was al in senior poste in Suid-Afrika, Malawi, Mosambiek en Tanzanië.

Voordat hy by Cell C begin het, was hy die uitvoerende hoof van Telekom Networks Malawi. Hy was ook voorheen hoof van Vodacom se korporatiewe bedrywighede in Afrika, en was finansiële direkteur van Vodacom Mosambiek en Vodacom Tanzanië.

Hy het ’n MBA van die Universiteit van die Vrystaat.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Douglas Craigie Stevenson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.