Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Cell C raak van sommige bestuurders ontslae
Cell C se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Cell C is besig om met senior bestuurslede te konsulteer vir ’n grootskaalse herstruktureringsproses wat tans by die diensverskaffer aan die gang is.

Cell C het in die boekjaar tot einde Desember meer as 2,8 miljoen intekenare verloor en gaan gebuk onder ’n groeiende berg skuld.

Douglas Craigie Stevenson, uitvoerende hoof, het aan Netwerk24 bevestig dat die maatskappy besig is om van “oorbodige werknemers in senior posisies” ontslae te raak.

Die konsultasieproses met die betrokke werknemers is nog aan die gang en sal waarskynlik teen die einde van April afgehandel wees.

Senior bestuurslede en werknemers op besturende vlak word geraak.

Cell C het nie bekend gemaak hoeveel poste hy wil besnoei nie. Die afleggings word ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge gehanteer.

LEES OOK: 2,8 m. groet Cell C in 1 jaar

“Cell C het onlangs besluit om sy bedryfsmodel en organisasiestruktuur te hersien, spesifiek op ’n senior bestuursvlak en lede van die uitvoerende bestuur,” het die maatskappy gesê.

In ’n interne ondersoek het Cell C besef die groot aantal werknemers in senior poste is “ondoeltreffend” en dra by tot sy groeiende finansiële las gegewe die uitdagings wat hy nog moet oorkom.

Cell C se bedryfsinkomste vir die jaar is 1% laer op R14,2 miljard. Sy totale aantal intekenare is nou 14,4 miljoen.

As deel van die maatskappy se omkeerstrategie is uitgawes deur die bank drasties besnoei, waaronder die besteding aan die instandhouding van sy netwerkinfrastruktuur.

Ingevolge dié en ander stappe kon Cell C reeds sy bedryfsuitgawes met ’n stewige 18% besnoei.

Dié syfer sal waarskynlik toeneem sodra die konsultasieproses met senior bestuurslui teen die einde van vandeesmaand afgehandel is.

Meer oor:  Cell C  |  Afleggings  |  Diensverskaffer  |  Tegnologie  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.