Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Cell C sê nee dankie vir Telkom
Cell C se hoofkantoor in Woodmead, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Cell C het Telkom se aanbod om hom oor te neem, van die hand gewys.

Telkom sê vroeg Vrydagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat Cell C se direksie hom skriftelik ingelig het dat hulle sy aanbod van die hand wys.

Telkom sê in die verklaring hy glo sy aanbod sou “beduidende waarde geskep het vir alle belanghebbendes, insluitend Telkom se aandeelhouers”.

Verwikkelinge vroeër dié maand was reeds ’n aanduiding dat Cell C waarskynlik nie in Telkom se aanbod belangstel nie.

Dit kom nadat Cell C op 19 November bevestig het hy het ’n uitgebreide ooreenkoms met MTN aangegaan om nog meer van sy netwerkinfrastruktuur te gebruik.

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) is egter glad nie beïndruk met Cell C en MTN se planne nie.

In ’n streng bewoorde verklaring sê Okosa MTN en Cell C kan nie sommerso só ’n ooreenkoms aangaan sonder om dit met hom te bespreek nie.

Die owerheid gee toe Cell C en MTN het hom ingelig oor die ooreenkoms, maar sê dit was nog nie onderhewig aan die nodige assessering om te bepaal of dit voldoen aan wetgewing en regulasies nie.

Cell C het by navraag aan Netwerk24 gesê die ooreenkoms voldoen aan “al die toepaslike regulatoriese vereistes”, sonder om te spesifiseer of Okosa dit pertinent goedgekeur het.

Die owerheid het nie aangedui wat die volgende stappe gaan wees, en of hy die ooreenkoms gaan opskort totdat hy dit ondersoek het nie.

Meer oor:  Okosa  |  Mtn  |  Cell C  |  Telkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.