Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Cell C staan weer bakhand by MTN
The Cell C store in Soneike was robbed on Wednesda
Cell C maak gebruik van MTN se infrastruktuur.

Hoewel hy MTN bykans R400 miljoen skuld, het Cell C aangedui hy wil graag toegang tot nog meer van MTN se netwerkinfrastruktuur kry.

Gesprekke hieroor vind reeds plaas, het Cell C Donderdag bevestig.

Dié diensverskaffer gaan gebuk onder berge skuld. Volgens sy jongste syfers, wat Donderdag bekendgemaak is, beloop Cell C se skuld nou al meer as R8 miljard.

’n Herbedingde ooreenkoms met MTN kan wel so vroeg as Oktober voltrek word, sê Douglas Stevenson, Cell C se uitvoerende hoof.

MTN het reeds R211 miljoen afgeskryf van die R393 miljoen wat Cell C hom skuld.

Cell C maak steeds van MTN se torings gebruik in groot stede soos Johannesburg en Kaapstad al skuld hy nog miljoene.

“Ons is nie ’n maatskappy wat selfoontorings besit nie; ons moet ’n wins maak uit die dienste wat ons bied,” sê Stevenson.

Stevenson is eers in Augustus permanent as die nuwe hoof van Cell C aangestel nadat José Dos Santos, die voormalige hoof, skielik in Februarie bedank het.

Die diensverskaffer se verliese vir die boekjaar tot einde Mei het tot R8 miljard gestyg teenoor R656 miljoen ’n jaar gelede.

Sy bestuurspan is in weeklikse gesprekke met krediteure om die versekering te gee dat die maatskappy voor die einde van die jaar herkapitaliseer om sy skuld te delg.

LEES OOK: Cell C skuld R8,2 miljard, maar 'daar is hoop'

Banke bied hulp

’n Groep plaaslike banke is reeds daartoe verbind om tydelike likiditeit te bied. Cell C het ook uitstel gekry op die terugbetaling van ’n lening van R1,2 miljard wat oorspronklik in Augustus betaal moes word.

Die telekommunikasiemark in Suid-Afrika word gedomineer deur Vodacom en MTN wat beteken Cell C was basies nog altyd op die agtervoet. Die diensverskaffer het reeds ’n paar keer in die verlede amper gevou. Blue Label Telecoms het in 2015 ’n belang van 45% in Cell C bekom vir nagenoeg R5,5 miljard.

Dié belegging het egter geen vrugte afgewerp nie en trouens Blue Label se verdienste ’n lelike knou toegedien.

Die telekommunikasiereus het reeds sy belegging in Cell C effektief afgeskryf.

“Dit was nog altyd ’n belegging wat tot spanning gelei het, omdat die maatskappy nie volgens prestasie bestuur is nie,” sê Stevenson, wat voorheen Cell C se finansiële hoof was.

Volgens Stevenson is transaksies aangegaan om tydelike verligting in ’n geldnood te skep en nie in die beste belang van die maatskappy op lang termyn nie.

Die nuwe bestuur by Cell C het begin met ernstige kostebesparingsinisiatiewe. Alle ongevulde poste is gevries en die diensverskaffer het ook sy belegging in die stromingsdiens Black in heroënskou geneem.

Stevenson erken Black was ’n slegte keuse en dat Cell C nooit met gevestigde rolspelers kon meeding nie.

Blue Label het Vrydagmiddag teen R2,94 verhandel nadat dit die vorige dag met byna 14% teruggesak het ná die bekendstelling van Cell C se swak syfers.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Blue Label Telecoms  |  Netwerk  |  Diensverskaffer  |  Tegnologie  |  Selfoonnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.