Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Checkers lewer inkopies binne uur af
Checkers stel ’n nuwe diens bekend waar hy inkopies binne ’n uur aflewer. Foto: Verskaf

Checkers belowe dat as jy sy nuwe Sixty60-diens gebruik, lewer hy jou inkopies binne ’n uur af.

Die winkel het vroeg Maandagoggend in ’n verklaring gesê dat dié diens die eerste in sy soort in Suid-Afrika is.

“Sixty60 bied ongeëwenaarde gemak omdat dit al die harde werk vir jou doen,” sê Neil Schreuder, hoof van innovasie en strategie by Shoprite Checkers, in die verklaring.

Hy sê verder dat in ’n samelewing waar tyd geld is, gee dié diens tyd aan verbruikers terug.

Checkers toets glo dié diens reeds die afgelope paar maande.

Daar is egter ’n vangplek.

Luidens die verklaring gaan dié diens aanvanklik net by ’n paar winkels in Gauteng en die Wes-Kaap beskikbaar wees.

Die winkels is:

  • Wes-Kaap: Durbanville, Willowbridge, Okavango Crossing, Rondebosch, Kloofstraat en Seepunt; en
  • Gauteng: Melrose en Bryanston.

Die Sixty60 se beta-app kan nou van die App Store en die Google Play Store afgelaai word.

Meer oor:  Checkers  |  Sixty60  |  Inkopies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.