Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
China verbied videospeletjie oor virus

’n Gewilde videospeletjie wat die verspreiding van patogene soos virusse en bakterieë naboots, is in China verbied.

Die speletjie, Plague Inc., het te midde van die uitbreking van die Covid-19-koronavirus in gewildheid toegeneem, maar die Chinese owerhede het die inhoud nou as onwettig verklaar, volgens die speletjie se ontwikkelaar.

In Plague moet gebruikers ’n patogeen in ’n land loslaat en dit laat versprei en ontwikkel om uiteindelik die hele wêreld oor te neem en die mensdom te vernietig.

’n Skermgreep van die videospeletjie wys hoe die spelers mense met ’n patogeen kan besmet. Die speletjie toon hoe patogene – van virusse, bakterieë en fungusse – versprei en waartoe dit in staat is indien hulle vinnig aanpas en vermeerder.

Die speletjie het veral in China in Januarie gewild geraak saam met ander virusverwante speletjies en flieks. Die speletjie het egter ook in ander lande in gewildheid toegeneem.

“Die situasie is heeltemal buite ons beheer,” het die ontwikkelaar, Ndemic Creations van Brittanje, in ’n verklaring gesê en bygevoeg sy prioriteit is om met die Chinese owerhede te skakel om met ’n werkbare oplossing vorendag te kom.

China het streng maatreëls oor die inhoud van speletjies, flieks en musiek en sensor enigiets wat hy as ’n bedreiging vir sy sosialistiese waardes beskou. Die vervaardigers van videospeletjies moet ook daar gelisensieer wees.

Die sensors het ook die klets-app WeChat se groepe en podsendings oor die virus gesluit en inskrywings op sosiale media verwyder.

“Die speletjie is dalk net verwyder weens die sensitiewe aard van die onderwerp gegewe die Covid-19-uitbreking,” sê Daniel Ahmad, ontleder van Niko Partners.

Hy glo die verbod op die speletjie is weens ’n nuwe weergawe waar gebruikers ook fopnuus in die virtuele wêreld kan versprei.

Die speletjie is reeds deur sowat 2,2 miljoen Apple-gebruikers in China geïnstalleer sedert dit in 2012 beskikbaar geraak het. ’n Volle 9% hiervan was net in Januarie vanjaar. – Reuters

Meer oor:  Plague Inc  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.