Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
China wil kinders se tyd voor skerms inperk

China wil sy voet dwars sit oor aanlyn videospeletjies en het streng nuwe regulasies voorgestel wat daarop gemik is om verslawing aan dié tydverdryf onder kinders hok te slaan.

Volgens die land se administrasieraad vir die media en publikasies bevat die regulasies (hyperlink) ses maatreëls, wat hy Dinsdag bekend gemaak het.

Gebruikers wat jonger as 18 is, sal nie meer tussen 22:00 en 08:00 aanlyn mag speel nie en sal net 90 minute per week voor die videoskerm mag deurbring.

Oor naweke en op openbare vakansiedae sal hulle wel 180 minute per dag mag speel.

Die bedrae wat kinders mag bestee terwyl hulle ’n speletjie speel, deur byvoorbeeld ekstra “kragte” en “toerusting” vir hul karakters te koop, sal ook beperk word.

Daar word voorspel dat die land se burgers egter volgende jaar meer aan videospeletjies gaan bestee as in enige ander land.

Kinders tussen agt en 16 se maksimum bedrag sal 200 yuan wees (sowat R422 per maand). Kinders tussen 16 en 18 mag dubbeld dié bedrag bestee.

Spelers sal ook hul regte name moet gebruik as hulle vir speletjies registreer.

The Guardian berig volgens die staats se nuusagentskap, Xinhau, is dit die jongste stappe om die land se aanlyn speletjie-bedryf in te perk weens die fisiese en sielkundige invloed daarvan op kinders en hul leervermoëns.

Volgens marknavorsing deur die maatskappy Newzoo is China nou die naasgrootste mark vir aanlyn speletjies ter wêreld, naas Amerika.

Daar word voorspel dat die land se burgers egter volgende jaar meer aan videospeletjies gaan bestee as in enige ander land.

Die BBC berig China het verlede jaar aangekondig hy skep ’n reguleerder vir dié soort speletjies omdat al hoe meer kinders bysiende raak. Die reguleerder sal die aantal speletjies wat beskikbaar is beperk, die tyd beperk wat kinders mag speel, en ook ouderdomsbeperkings instel.

Die nuwe reëls word toegepas op alle aanlyn-speletjie-maatskappye en -platforms in die land, berig CNN. Dit sluit Tencent in, die grootste maatskappy op die Asiatiese aandelebeurs.

* In 2007 is ’n 26-jarige man in die noorde van China dood nadat hy vir sewe opeenvolgende dae videospeletjies gespeel het.

* ’n 32-jarige Taiwannese man is in 2015 dood gevind nadat hy vir drie dae sonder ophou videospeletjies gespeel het.

* In 2018 is nog ’n Chinese man verlam gelaat nadat hy vir 20 uur sonder ophou gespeel het.

Meer oor:  China  |  Speletjie-Skerms  |  Videospeletjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.