Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Comic Con Africa lok top-komediante
Donovan Goliath, ’n seremoniemeester op Comic Con Africa.

Drie van Suid-Afrika se gewildste komediante, Jason, Donovan en Nicholas Goliath, gaan seremoniemeesters wees op Comic Con Africa.

Comic Con Africa is van 14 tot 16 September in die Kyalami- Internasionale Konferensiesentrum in Midrand.

Dis geskoei op die gelyknamige Amerikaanse popkultuurfees wat in San Diego en New York gehou word.

Reed Exhibitions Africa, ReedPOP en VS Gaming is die organiseerders van Afrika se eerste Comic Con.

Die Game of Thrones-ster Jason Momoa is reeds as een van die eregaste aangewys. Momoa is ook later vanjaar in die titelrol van die fliek Aquaman te sien.

Jason en Nicholas is neefs terwyl Donovan net toevallig dieselfde van het.

Hulle bedryf die Goliath Comedy Club in Melrose Arch in Johannesburg.

Jason is ook die aanbieder van die werklikheidsprogram Man Cave.

Nog werklikheidsterre wat die geleentheid gaan bywoon, sal binnekort aangekondig word, sê die organiseerders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.