Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Covid-19 druk 15% na eerste e-kopies

Die Covid-19-pandemie het talle Suid-Afrikaners wat aanvanklik skrikkerig was vir aanlyn inkopies, die sprong laat maak om meer van hul benodigdhede aanlyn aan te skaf.

E-handel word tydens die Covid-19-pandemie al hoe meer gewild. Foto: Unsplash

Die maatskappy Rogerwilco het in samewerking met bedryfskenners ’n peiling onder 2 000 verbruikers oor hul aanlyn inkopie-ervaring gedoen.

Altesame 61% van die respondente het gesê die handhawing van fisieke afstand is die vernaamste rede dat hulle oorbeweeg het na aanlyn inkopies.

Die gewildste aanlyn handelaars was kruidenierswinkels, gevolg deur winkels wat fiksheid- en gesondheidsprodukte verkoop. Sowat 31% het gesê hulle het voor Covid-19 reeds kruideniersware aanlyn gekoop, terwyl 15% dit vir die eerste keer gedoen het sedert die inperking begin het. Altesame 22% het gesê hulle sal voortgaan om hul kruideniersware aanlyn te koop.

Duur afleweringskoste, lae of geen voorraad, beperkte produkreekse en probleme om die kooptransaksie te voltooi is van die vernaamste struikelblokke vir e-handelaars wat hul klantebasis wil uitbrei, het die peiling gewys.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  E-Handel  |  Covid -19  |  Aanlyn Inkopies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.