Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Covid-19: Naspers skenk R1,5 miljard

Naspers het R1,5 miljard bygedra tot Suid-Afrika se reaksieplan teen Covid-19, het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand bekend gemaak.

Die groep het net ná die president se toespraak in ’n verklaring gesê R500 miljoen van dié skenking gaan na die solidariteitsfonds wat Ramaphosa verlede week aangekondig het.

Die ander R1 miljard sal gebruik word om beskermende drag en toerusting asook ander mediese voorraad in China aan te koop om Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers te ondersteun.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van Naspers.

Dit word gedoen saam met die Chinese regering en die internet-reus Tencent. Die voorraad sal sou gou moontlik na Suid-Afrika gebring word.

“Deur met die regering en die burgerlike samelewing saam te werk, wil ons ons land help om dié baie moeilike tydperk te oorkom. Ons hoop die kombinasie van steun sal ’n positiewe verskil maak in Suid-Afrika se reaksie op Covid-19,” sê Phuthi Mahanyele-Dabengwa, Naspers se uitvoerende hoof in Suid-Afrika, in die verklaring.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van die groep, sê “ons besef dit is moeilike tye wat drastiese optrede verg en Naspers dra by tot die maatreëls wat in Suid-Afrika toegepas word. Ons bedank die regering van China en ons vennoot Tencent vir hul solidariteit. Nader besonderhede sal bekend gemaak word sodra ons dit het.”

Die besonderhede oor die beskermende toerusting en ander mediese voorraad word nog gefinaliseer in oorleg met die plaaslike Suid-Afrikaanse owerhede, vennote en verskaffingsnetwerke in China.

* Netwerk24 is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers.

Meer oor:  Koronavirus  |  Naspers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.