Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dagga en kuns vir R224 000 gekoop

Die Nifty, soos sommige daar na verwys, oftewel nie-tasbare-bewysstukke (NFT), blyk een van 2021 se gewildste bates te wees.

’n Suid-Afrikaner het 20 daggasade vir R224 000 gekoop – darem met ’n kunswerk daarmee saam.Foto: Unsplash

Maar dit het onlangs ’n interessante wending geneem toe ’n Suid-Afrikaner R224 000 uit sy kriptobeursie gehaal vir NFT-kuns – en 20 skaars daggasade, volgens Business Insider.

Daar word alom verwag dat Suid-Afrika se daggabedryf sal floreer sodra wetgewing oor die verbouing daarvan verslap, veral soos kannabidiol-gesondheidsprodukte gewilder word.

Wat is ’n NFT?

’n Nie-tasbare-bewysstuk (NFT) is ’n veilige digitale lêer waar die eienaarskap deur middel van blokkettingtegnolgie geverifieer word.

Enige digitale kuns – insluitend beelde, videospeletjies en musiek – kan verpak en as NFT’s verkoop word.

Dit is onmoontlik om ’n NFT te vervals. Dit kan dien as ’n kunstenaar se handtekening en bevestig die identiteit en eienaarskap van die onderliggende digitale voorwerp.

Momint het onlangs Suid-Afrika se eie markplek vir die koop en verkoop van NFT’s geword.

Die voormalige Springbok-rugbyspeler Byan Habana was een van die eerste sterre wat op dié platform digitale kuns vir R150 000 verkoop het.

LEES OOK: NFT’s: Habana, The Kiffness benut dié tendens

Volgens Bussines Insider oorvleuel die plaaslike belangstelling in NFT-veilings toevallig met die belangstelling in dagga.

Vandaar die onlangse verkryging deur Matt Benas van 20 sade van die Gage Green Group.

“Ek stel nou al sowat 20 jaar in dagga belang,” het Benas aan Business Insider gesê.

“Daar is ’n wêreldwye persepsie dat Gage se sade besonders is en ek ken hulle al lank. Ek is ook baie geïnteresseerd in kriptogeldeenhede en blokkettingtegnologie en het gedink dat dié NFT-veiling vir my gemaak is.”

Benas, is ’n sakeman en ook ’n ywerige daggakweker.

GGG is ’n Amerikaanse firma wat spesialiseer in die kweek van sade met unieke genetiese eienskappe.

Benas beskou dit as ’n belangrike belegging in die daggabedryf in Suid-Afrika.

Meer oor:  Kriptogeld  |  Nft  |  Kannabidiol  |  Hennep  |  Blokketting  |  Kbd  |  Kannabis  |  Dagga-Olie  |  Tegnologie  |  Cbd  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.