Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Data sê wie’s vinniger: Apple of Samsung
Ookla, ’n Amerikaanse onderneming wat internetspoed meet, het bevind dat Apple deur die bank tweede viool speel teenoor Samsung wat internetspoed betref. Foto: Pixabay

Voel jy ooit die internet is stadiger op jou iPhone as op liefie se Samsung wat aan presies dieselfde Wi-Fi verbind is?

Miskien is jy nie verkeerd nie . . .

Ookla, ’n Amerikaanse onderneming wat internetspoed meet, het bevind dat Apple deur die bank tweede viool speel teenoor Samsung wat internetspoed betref.

Trouens, Google se Pixel-foon se internet is ook vinniger as ’n iPhone s’n, hoewel dié foon nie wyd in Suid-Afrika beskikbaar is nie.

Ookla se bevinding is noemenswaardig, des te meer omdat die data deur gebruikers, en nie die maatskappy self nie, verskaf is. Ookla is die skepper van die gewilde Speedtest-app en webwerf waarmee internetgebruikers oor die wêreld heen kan kyk of hoe vinnig hul dataverbinding is.

Hoe vinniger die internet, hoe lekkerder vertoon webwerwe, en video’s begin ook gouer speel.

Verskeie faktore kan die spoed van die internet op ’n slimfoon bepaal, insluitende hoe ver die gebruiker van die naaste selfoontoring of Wi-Fi-versender is, sowel as hoe besig die netwerk is.

Ookla, wat daagliks miljoene spoedtoetse uitvoer, sê die verskil tussen ’n Apple- en Samsung-foon se internetspoed is dalk nie so ooglopend vir die gewone gebruiker nie, maar is beslis ’n werklikheid.

Data van 102 000 spoedtoetse wys ’n gemiddelde aflaaispoed van 38,9 megabis per sekonde op die Samsung Galaxy S9 op ’n Amerikaanse selfoonnetwerk. Die iPhone X se gemiddelde aflaaispoed was 29,7 megabis per sekonde, gegrond op 603 000 toetse.

Google se Pixel 2 se gemiddelde afslaaispoed was 34,4 megabis per sekonde.

Die spoed waarteen ’n slimfoon data van die internet aflaai het heelwat te make met sy programmatuur en hardeware. Apple gebruik ’n verskeidenheid van modems van onder meer Intel en Qualcomm in sy jongste iPhones.

In ’n verklaring sê Apple die iPhone 8, 8 Plus en X beskik oor die “slimste en kragtigste” rekenaarskyfie wat tot dusver gemaak is, naamlik die A11 Bionic. Volgens die tegnologiereus bied dit ’n “ongelooflik vinnige koordlose ervaring” wat “maklik hedendaagse uitdagings” die hoof kan bied. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Google  |  Samsung  |  Apple  |  Iphone  |  Selfoonnetwerk  |  Ikt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.