Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Datalogic open kantoor in SA
Giulio Berzuini, verkoopshoof van Datalogic in Europa, die Midde-Ooste en Afrika en die groep se hoofbestuurder vir handbeheerde skandeerders, by die bekendstelling van Datalogic se eerste kantoor in Suid-Afrika. Foto: Roger Sedres

Datalogic, die Italiaanse verskaffer van strepieskode- en ander soorte skandeerders, het sy eerste Suid-Afrikaanse kantoor in Century City in Kaapstad geopen.

Guillaume Vicot, verkoopshoof van Datalogic se afdeling vir outomatiese datavaslegging, sê die belegging kom in ’n tyd waarin mededingers afskaal, maar Datalogic glo sterk in die groeipotensiaal in die Suid-Afrikaanse en Afrikamark vir sy tegnologie.

Datalogic, wat in 1971 in Bologna, Italië gestig is en in 2001 op die Milaanse aandelebeurs genoteer is, bou ook toerusting wat nywerheidsprosesse outomatiseer. Sy toerusting word gebruik in die kleinhandel, vervaardiging, vervoer en logistiek, en die gesondheidsorgsektor.

Die groep mik om vanjaar ’n omset van meer as 500 miljoen te behaal, waarvan sy Suid-Afrikaanse bedrywighede sowat 1,5% bedra, maar dit het die afgelope twee jaar bykans verdubbel, sê Vicot.

Die Suid-Afrikaanse kantoor sal ’n verkope- en bemarkingskantoor wees met drie plaaslike personeel.

Die stigter en uitvoerende hoof van Datalogic, Roberto Volta, is steeds die beherende aandeelhouer in die groep met ’n belang van 67%.

Vicot sê die meeste kleinhandelaars in Suid-Afrika, insluitend Woolworths, gebruik Datalogic se skandeerders by hul betaaltoonbanke.

Die toerusting word ingevoer. Datalogic het fabrieke in Viëtnam, Hongarye, Amerika en Brasilië.

Vicot sê die volgende besluit is wanneer dit die moeite werd sal wees om ’n herstelsentrum in Suid-Afrika te vestig. Hulle het besluit om hul Suid-Afrikaanse kantoor in Kaapstad te vestig omdat die hoofkantore van die groot kleinhandelaars, soos Woolworths, Shoprite en Pick n Pay, hier is.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Shoprite  |  Woolworths  |  Tegnologie  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.