Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dele van Rica-wet ongrondwetlik, beslis hof
Kragtens die Rica-wet moet nuwe simkaarte geregistreer word. Foto: Unsplash

’n Regter in die hooggeregshof in Johannesburg het Maandag dele van die sogenaamde Rica-wet as “ongeldig” en “ongrondwetlik” verklaar.

Dit volg nadat die mediagroep amaBhungane in April 2017 ’n aansoek ingedien het wat die grondwetlikheid van die wet bevraagteken.

Dit is die Rica-wet wat bepaal dat Suid-Afrikaners ’n bewys van identiteit en woonadres moet verskaf as hulle ’n nuwe simkaart aanskaf.

Die wet is oorspronklik ingestel om kommunikasie tussen georganiseerde misdadigers te bemoeilik. Ingevolge die wet kan kommunikasie tussen vermeende misdadigers onderskep word en kan die gekoppelde inligting gebruik word om die misdadigers te identifiseer.

Regter Roland Sutherland het egter Maandag gelas dele van die wet voldoen nie aan konstitusionele vereistes nie.

amaBhungane het ’n aansoek ingedien nadat dit aan die lig gekom het dat Sam Sole, ’n joernalis by die organisasie, se kommunikasie onderskep is terwyl hy besig was met ’n ondersoek na oudpres. Jacob Zuma.

Die regter het onder meer beslis die wet maak nie daarvoor voorsiening dat die persoon wie se inligting onderskep word, daarvan ingelig word nie.

Die wet bepaal ook nie wat amptenare met burgers se inligting mag doen wat kragtens die wet bekom is nie. Die wet maak ook nie voorsiening vir moontlike beskerming vir joernaliste of prokureurs nie.

Daarom voer Sutherland aan die wet moet gewysig word sodat daar aan hierdie en ander kwessies aandag gegee kan word.

Die hof het beslis die parlement het nou twee jaar om die Rica-wet aan te pas sodat dit aan die Grondwet voldoen.

Intussen sal enigiemand wat ’n nuwe simkaart aanskaf dit steeds moet registreer en die nodige stawende dokumente verskaf soos vereis deur die wet.

Meer oor:  Amabhungane  |  Rica  |  Tegnologie  |  Hof  |  Rica-Wet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.