Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Delta fnuik Apple se terugkeer na kantoor

Die magtige Apple moes die knie buig voor die koronaviruspandemie en die beplande terugkeer van sy werknemers na sy kantoor verder uitstel.

Apple moet sy werknemers se beplande terugkeer na die kantoor weens die Delta-variant van die koronavirus uitstel. Foto: Unsplash

Die maatskappy se plan was dat sy werknemers vroeg in September vir minstens drie dae per week permanent terugkeer na hul kantore, maar dit is nou met minstens ’n maand uitgestel, berig Bloomberg.

Apple is een van die eerste Amerikaanse tegnologiereuse wat sy planne om na normaal terug te keer in reaksie op die styging in infeksies in verskeie lande weens die hoogs aansteeklike Delta-variant van die koronavirus uitgestel het.

Werknemers sal minstens ’n maand kennis kry voordat van hulle verwag sal word om terug te keer werk toe, berig Bloomberg.

Tim Cook, uitvoerende hoof, het in Junie gesê werknemers sal teen vroeg September vir minstens drie dae per week moet terugkeer werk toe. As motivering in sy ’n interne memo het hy die beskikbaarheid van entstowwe en dalende infeksiesyfers genoem.

Selfs noudat die helfte van die Amerikaanse bevolking teen Covid-19 ingeënt is, maak die siekte steeds meer mense as vuurwapens, motorongelukke en griep tesame dood, volgens ’n oorsig van Bloomberg oor sterftedata.

Ná tien weke van ’n wêreldwye afname in Covid-19-sterftes lei die Delta-variant nou tot ’n hernude styging in positiewe gevalle.

Amerikaanse gesondheidsamptenare sê nuwe gevalle wat daagliks bevestig word, het verlede maand van ’n laagtepunt af verdubbel en hospitalisasies neem weer toe.

Maatskappye wêreldwyd worstel met hoe om by die veranderende werkvereistes in die pandemie aan te pas.

Apple se werknemers was baie skepties oor die besluit dat hulle van September af moet terugkeer werk toe. Hulle het gemeen dit is te gou.

Meer oor:  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.