Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié 3 dinge op sosiale media kan jou in tronk kry

Jy moet nou jou woorde tel op die internet, want jy kan makliker in die sop beland nadat pres. Cyril Ramaphosa die Wet op Kubermisdade onderteken het.

internet
Suid-Afrika se Internet is nie meer die wilde weste nie. Foto: Unsplash

Die wet beteken dat Suid-Afrikaanse internetverbruikers nie meer die internet soos die wilde weste kan gebruik nie – daar sal nou strafregtelike gevolge wees vir diegene wat aanlyn misdaad pleeg.

Die wet teiken alle kubermisdade, maar ook dít wat gewone mense op sosiale media kwytraak. Mense wat skuldig bevind word, kan nou boetes of tronkstraf kry deur kwaadwillige boodskappe te versprei. Voorbeelde van sulke boodskappe sluit in dié wat:

  • Geweld of saakbeskadiging aanhits;
  • Mense met geweld of saakbeskadiging bedreig; of
  • ’n Intieme beeld bevat wat gestuur word sonder die toestemming van die onderwerp.

Volgens die kuberregsadviseurs van die regsfirma Webber Wentzel verwelkom hulle dié ontwikkeling.

“Dis ’n welkome stap in die stryd teen die toenemende aanlyn en internetgebaseerde misdade in die land,” sê die firma se kuberkenners in ’n verklaring.

Hoewel die wet onderteken is, sal die verskillende afdelings daarvan eers in werking tree op datums wat die president sal aankondig. Dis nie duidelik wanneer die datums bekend gemaak sal word nie.

“Kubermisdadigers sal die gevolge van die nuwe wet voel, wat verskillende soorte kubermisdade straf, insluitend onwettige toegang tot ’n rekenaarstelsel of die onderskep van data, kuberbedrog, die onwettige verkryging van ’n wagwoord of toegangskode, kuberafpersing en diefstal van ontasbare eiendom.”

Finansiële instellings sal binne 72 uur vandat hulle van 'n kubermisdaad bewus geword het, dit moet aanmeld.
Wet op Kubermisdade

Die wye regsgebied wat deur die wet geskep is, beteken dat Suid-Afrikaanse howe die bevoegdheid sal hê om ook mense wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie, te vervolg, sowel as mense wat misdade pleeg in ander lande, maar wat iemand of ’n onderneming in Suid-Afrika raak.

Volgens Weber Wentzel is dit nou veral belangrik vir verskaffers van elektroniese kommunikasiedienste en finansiële instellings om vertroud te raak met die verslagdoening en ander verpligtinge wat kragtens die Wet op Kubermisdade aan hulle opgelê word.

“Dit behels byvoorbeeld die aanmelding van ’n kubermisdaad wat hul elektroniese kommunikasiediens of elektroniese kommunikasienetwerk betref binne 72 uur nadat hulle daarvan bewus geword het, en die verskaffing van tegniese en ander hulp aan ’n polisielid of ondersoekbeampte om ’n ondersoek en beslaglegging uit te voer.”

Daar val ook nou groot verantwoordelikheid op verskaffers van elektroniese kommunikasiedienste en finansiële instellings.

Die instellings moet prosesse en beleide hê om te verseker dat die wet nagekom word, insluitend die bewaring van data en bewaring van bewyse indien die elektroniese kommunikasiediens of elektroniese kommunikasienetwerk betrokke is by die pleeg van ’n kubermisdaad.

Meer oor:  Sosiale Media  |  Kubermisdaad  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.