Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié banke oorweeg nou digitale geldeenhede

Noorweë is nou die land wat die minste kontant gebruik, maar die regering probeer seker maak banke raak nie heeltemal van note en munte ontslae nie.

Sentrale banke oorweeg nou ook kriptogeld soos bitcoin. Foto: Unsplash

Die ministerie van finansies het die finansiële toesigowerheid aangesê om ’n plan op te stel wat sal verseker banke hou aan om kontantdienste te bied.

Dit volg nadat ’n opname deur die owerheid gewys het ’n aantal Noorweegse banke “voer aan hulle is nie daarvoor verantwoordelik om kontantdienste te bied nie”.

Banknote en munte word net in 3% tot 4% van alle transaksies in Noorweë gebruik, wat die laagste vlak ter wêreld is, aldus berekeninge van die sentrale bank, Norges Bank.

In sy buurland Swede, wat ook byna kontantloos is, het wetgewing om te verseker dat die land se grootste banke aanhou kontantdienste lewer in Januarie in werking getree.

Die feit dat kontant as uitgedien beskou word, het sentrale banke in albei lande genoop om hul eie digitale geldeenhede te oorweeg.

Ida Wolden Bache, adjunkpresident van Norges Bank, sê selfs al word so ’n geldeenheid ingestel, is daar geen planne om “op te hou om kontant te voorsien of dit af te skaf nie”. – Bloomberg

Meer oor:  Digitale Geld  |  Kriptogeld  |  Banke  |  Betalings  |  Bankbedryf  |  Bitcoin  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.