Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié foon is steeds die topverkoper wêreldwyd

Die beste verkoper van slimfone in die derde kwartaal vanjaar was ’n ouer iPhone wat reeds in 2018 uitgereik is.

Volgens marknavorsing van Counterpoint het Apple se iPhone XR 3% van alle verkope vir die drie maande tot einde September uitgemaak.

Dit geld wêreldwye verkope van slimfone in dié tydperk.

selfone

Bykans twee iPhone XR-modelle is verkoop vir elke iPhone 11, Apple se jongste slimfoon wat vroeër vanjaar uitgereik is.

Die feit dat die iPhone XR steeds koning kraai, is nie juis ’n verrassing nie. Dié foon is sedert einde verlede jaar nog elke kwartaal die topverkoper.

Samsung se nuwe vlagskipfone verskyn nêrens op die lys van gewildste toestelle nie, maar wel sy “goedkoper” modelle, insluitend die Galaxy A10 en A50.

Dié modelle het onderskeidelik 2,6% en 1,9% van alle verkope in die derde kwartaal behels.

Samsung se A-reeks bied uitstekende funksionaliteit teen ’n fraksie van die prys van sy duurder S- en Note-reeks.

Dit wil dus voorkom of verbruikers keelvol raak vir duur slimfone en eerder goedkoper modelle kies wat beter waarde vir geld bied.

Die Chinese vervaardigers Oppo, Huawei en Xiaomi verskyn ook op die lys van gewildste toestelle wat verkope betref.

Huawei het met sy betreklik nuwe P30 egter teruggesak tot die tiende posisie op die lys.

Die P30 word oorskadu deur drie modelle van Oppo en die Xiaomi Redmi 7A, wat in Junie uitgereik is.

Geen van Samsung se vlagskipfone was ’n topverkoper in die derde kwartaal vanjaar nie. Foto: Unsplash

Die iPhone XR het sowat R16 000 gekos toe dit aanvanklik in 2018 uitgereik is. Dit kos nou sowat R13 000.

Die iPhone 11 kos nou in die omgewing van R16 000, terwyl die Samsung Galaxy A10 teen R2 300 beskikbaar is.

Die Galaxy A50, met sy ietwat beter funksionaliteit, kos sowat R5 800.

Huawei se P30 (nie die Pro-weergawe nie) kan vir sowat R9 000 aangeskaf word.

Oppo se fone kos enigiets tussen R1 500 en R4 500.

Hoewel iPhone wêreldwyd die topverkoper is, kraai Samsung steeds koning in Suid-Afrika waar dit reeds etlike jare die markleier is.

Teen einde November was bykans 45% van selfone wat plaaslike verkoop is ’n Samsung, gevolg deur Huawei, wat ’n markaandeel van om en by 27% het, volgens syfers van die marknavorsingsfirma StatCounter.

Apple se markaandeel is net meer as 13%, gevolg deur kleiner vervaardigers soos Sony, Hisense, Xiaomi en LG.

Meer oor:  Apple  |  Slimfoon  |  Tegnologie  |  Verkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.