Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié foon ‘kan nie lelike selfies neem’
Die dubbele kameras aan die agterkant van die nuwe Honor 10 Lite.Foto: Verskaf

Die selfiekamera van Honor se nuwe slimfoon is kwansuis so goed dat dit onmoontlik is om ’n lelike kiekie daarmee te neem.

Raymond Liu, hoof van Honor in Suid-Afrika, het met die bekendstelling van die nuwe Honor 10 Lite Woensdagaand in Johannesburg gesê dié foon sal enigiemand “op sy of haar héél mooiste laat lyk”.

Honor is ’n filiaal van die Chinese Huawei.

Volgens Liu is die teikenmark van Honor merendeels jonger mense “wat gek is oor selfies neem”.

Daarom is die Honor 10 Lite toegerus met ’n gevorderde 24 megapiksel-selfiekamera wat boonop kunsmatige intelligensie gebruik om jou voorkoms te “verbeter”.

Dié nuwe slimfoon is vroeg in April in Suid-Afrika beskikbaar. Dit sal aanvanklik net in Vodacom-winkels op kontrak of vir kontant beskikbaar wees.

Die Honor 10 Lite is ’n stylvolle toestel wat ooglopend vir die statusbewuste jonger generasie van slimfoongebruikers ontwerp is.

Ma en Pa sal ook bly wees om te hoor dat die Honor 10 Lite nie ’n plaas se prys kos nie, veral gegewe sy gevorderde funksies.

Teen heelwat minder as R5 000 is dit nie net toegerus met die intelligente selfiekamera nie, maar ook ’n tweeledige hoofkamerastelsel van onderskeidelik 13 MP en 2 MP.

Die kamera-gehalte is in pas met wat te wagte is van ’n Huawei-foon, siende dat dié maatskappy die onderliggende tegnologie aan Honor verskaf.

Die Honor 10 Lite is toegerus met ’n knap verwerker, veral in dié prysklas, sowel as 3 gigagrepe geheue en tot 64 gigagrepe ingeboude stoorplek.

Die nuwe Honor 10 Lite is van April af in Suid-Afrika beskikbaar. Foto: Verskaf

Volgens Liu word Suid-Afrika as ’n “sleutelmark” beskou ten einde Honor as ’n internasionaal gerekende handelsmerk te vestig.

Liu is katvoet om vergelykings te tref tussen Honor se produkte en dié van sy veel magtiger grootboet, Huawei.

In ’n vraag-en-antwoord-sessie ná Woensdagaand se bekendstelling het Liu dit duidelik gemaak dat Honor selfstandig is, hoewel die twee maatskappye baie van dieselfde onderliggende tegnologie deel.

Honor is nog ’n betreklik onbekende handelsnaam in Suid-Afrika, hoewel die Honor 8X reeds geruime tyd hier beskikbaar is.

Dit is wel hoofsaaklik as ’n Huawei- eerder as ’n Honor-foon bemark.

Die Honor 10 Lite is van 5 April af beskikbaar teen ’n voorgestelde prys van R4 599. Op kontrak sal dit teen ongeveer R249 beskikbaar wees.

Meer oor:  Huawei  |  Slimfoon  |  Tegnologie  |  Selfies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.