Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié iPhones vries weens fabrieksfout
Apple het erken dat ’n fabrieksfout veroorsaak dat ’n klein aantal iPhone 8-toestelle nie behoorlik werk nie. Foto: Unsplash

Besit jy ’n iPhone 8 wat gereeld vries en by tye net vanself afgaan?

Apple het erken dat ’n “baie klein persentasie” iPhone 8-slimfone geraak word deur ’n fabrieksfout wat veroorsaak dat die toestel nie reg werk nie.

Die maatskappy sê in ’n inskrywing op sy webwerf hy is bereid om enige iPhone 8 wat deur die fout geraak word, gratis te herstel.

Apple voeg by dat net sekere slimfone wat tussen spesifieke datums vervaardig is, deur die fout geraak word.

Die betrokke fone is tussen September 2017 en Maart 2018 in Australië, China, Hong Kong, Indië, Japan, Macau, Nieu-Seeland en Amerika verkoop.

iPhones wat in Suid-Afrika verkoop is in daardie periode, word nie deur die fabrieksfout geraak nie.

So ook nie enige eienaar van ’n iPhone 8 Plus, iPhone X of enige ander iPhone wat in daardie tyd aangeskaf is nie.

Indien jy wel jou iPhone 8 tussen September en Maart in enige van bogenoemde lande gekoop het en tans probleme met jou toestel ervaar, kan jy op Apple se webwerf nagaan of jy kwalifiseer vir gratis herstelwerk.

Meer oor:  Apple  |  Slimfone  |  Fabrieksfout  |  Iphone 8  |  Iphone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.