Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié krakers was te huur om miljoene te steel

’n Netwerk van kuberkrakers wat hul dienste uitverhuur het om, onder meer, $100 miljoen by besighede en finansiële instellings te steel, is in Europa vasgetrek.

'n Netwerk van kuberkrakers genaamd GozNym het meer as $100 miljoen gesteel. Foto: Reuters

Die Europese polisiediens, Europol, het in samewerking met ses ander lande die kubermisdaadbende GozNym opgebreek.

GozNym het meer as 41 000 slagoffers gehad.

Die bende is betaal om die rekenaars van hul gegewe teikens te kraak en het sodoende toegang tot hul rekeninge gekry, waarna die geld gesteel is en dan deur hul affiliasies in die VSA en ander lande gewas is, het Europol Donderdag gesê.

Tien lede van GozNym is aangekla van sameswering om aanlyn bankrekeninge en deposito’s te steel.

Die kuberkrakers het na bewering hul twyfelagtige dienste op ondergrondse Russiessprekende aanlynforums bemark.

“Die GozNym-netwerk het perfek die konsep van ‘kubermisdaad as ’n diens’ uitgebeeld. Hulle het geld gesmous oor grense, kriptografiese dienste verskaf, bestoking toegepas, sagteware gekodeer, projekte georganiseer en ook tegniese ondersteuning aangebied,” sê Europol.

Die krygsverrigting teen GozMyn het reeds in November 2016 begin toe ’n Duitse span in Oekraïne die toe nog ontwykende netwerk se aanbieders en ander hardeware vernietig het.

Strafregtelike vervolging het ook reeds in Georgië begin waar die netwerk se leier, wie Europol nie wil identifiseer nie, se verhoor sal geskied.

Ander verhore het ook al in Moldova en Oekraïne begin.

Vyf Russiese lede van GozMyn wat onder Amerikaanse reg aangekla word is nog op vrye voete, het Europol bevestig.

– Reuters

Meer oor:  Europol  |  Europa  |  Kubermisdaad  |  Kuberkrakers  |  Tegnologie  |  Geldwassery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.