Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié lande verbied Huawei reeds – is SA volgende?

Huawei se kopsere ken geen einde nie.

Amerika se pres. Donald Trump is vandeesweek in Brittanje en gaan na wat berig word die Britse regering probeer oortuig dat dit ook in dié land se beste belang sal wees om enige en alle Huawei-toerusting te verbied.

Amerika het in Mei ’n effektiewe verbod op Huawei ingestel deur Amerikaanse ondernemings te verbied om met die Chinese tegnologievervaardiger sake te doen.

Afgesien van Amerika het Japan, Australië en Nieu-Seeland ook die gebruik van Huawei-tegnologie in die uitbreiding van 5G-netwerke daar verbied.

Duitsland, Pole en Nederland oorweeg dit ook sterk om soortgelyke sanksies in te stel. Daar is egter nog geen sprake van soortgelyke stappe deur Suid-Afrika se regering nie. 

huawei

Huawei word daarvan verdink dat hy namens die Chinese regering op sy gebruikers spioeneer, maar die maatskappy ontken dit ten sterkste.

Amerika het intussen ook gesê dat hy nie meer inligting van sy intelligensiedienste met sy bondgenote sal deel as hierdie lande steeds van Huawei-toerusting gebruik maak nie.

Dit kan ’n land soos Brittanje dwing om ook sy rug op Huawei te draai, aangesien hy aangewese is op Amerikaanse intelligensie vir die beveiliging van sy inwoners.

Die regering van Theresa May, premier, debatteer reeds etlike maande die toekoms van Huawei in Brittanje, maar geen klinkklare besluit is al geneem nie.

May het Gavin Williamson, minister van verdediging, in Mei afgedank omdat hy daarvan verdink word dat hy sensitiewe besprekings oor die Huawei-kwessie aan die media uitgelek het.

May tree teen die einde van vandeesweek as premier uit. Haar opvolger is nog nie aangewys nie.

Lees ook: Google op Huawei-fone verbied: Hoe raak dit jou?

Bloomberg berig dat moontlike kandidate vir die pos nie gesien wil word as swak as dit kom by die kwessie van nasionale veiligheid nie.

Daarom is dit geen verrassing nie dat sowel Sajid Javid, minister van binnelandse sake, en Jeremy Hunt, minister van buitelandse sake, gedurende die naweek daarop gesinspeel het dat hulle Huawei sal verbied, sou hulle May opvolg.

Brasilië, Suid-Afrika, Saoedi-Arabië, Frankryk, Turkye en Italië is maar ’n paar lande wat aangedui het dat hulle dit geensins oorweeg om Huawei se toerusting te verbied nie.

Tog het Amerika se verbod ’n verreikende uitwerking op Huawei se vermoë om sy selfone te vervaardig, aangesien dit baie staatmaak op Amerikaanse programmatuur en tegnologie.

As gevolg van die verbod sal Huawei-toestelle van middel Augustus af nie meer die jongste bywerkings van die Android-bedryfstelsel ontvang nie, aangesien dié stelsel deur die Amerikaanse Google besit word.

Meer oor:  Google  |  Huawei  |  Slimfoon  |  Tegnologie  |  Spioenasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.