Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié nuwe datareëls geld nou eers oor ’n maand

In ’n verklaring laat Donderdagaand het die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) gesê dat van die nuwe datareëls wat vanaf 1 Maart sou geld, nou eers teen 12 April in werking gestel moet word.

Dit kom nadat die owerheid vroeg in Februarie klein aanpassings aan twee van die vier nuwe dataregulasies gemaak het.

Te veel SMS’e oor hul data sal kliënte irriteer, reken diensverskaffers. Foto: Getty Images

Aanpassing oor SMS’e

Dit sluit in dat diensverskaffers verbruikers die opsie moet bied om nie SMS’e te ontvang wat aandui hoeveel data hulle oor het nie.

Aanvanklik het die nuwe regulasies bepaal dat diensverskaffers hul kliënte per SMS moet inlig sodra 50%, 80% en uiteindelik 100% van hul beskikbare data opgebruik is.

Diensverskaffers, insluitend Cell C, het egter gevoel die stuur van soveel kennisgewings gaan kliënte meer irriteer as om behulpsaam te wees.

Aanpassing oor buitebondeltariewe

Kragtens die nuwe reëls mag diensverskaffers nie meer outomaties buitebondeltariewe vir data vra nie.

Diensverskaffers was egter bekommerd dat kliënte wie se databondel opgebruik is, skielik nie meer toegang tot die internet gaan hê nie, selfs al het hulle nog lugtyd oor.

Okosa het toe ook hierdie reël aangepas en gelas diensverskaffers moet kliënte wat bereid is om dit te betaal, steeds die opsie bied om outomaties oor te skakel na buitebondeltariewe.

Die twee gewysigde regulasies moes aanvanklik vanaf 1 Maart in werking getree het, maar Okosa het dit pas met meer as ’n maand uitgestel.

Wat wel vanaf 1 Maart geld

Diensverskaffers moet egter steeds vanaf 1 Maart hul kliënte se ongebruikte data na ’n volgende kalendermaand oordra en moet hulle toelaat om die geldigheidstydperk van ’n databondel te verleng.

Lees ook: Data-oordrag: Als wat jy voor 1 Maart moet weet

Al die diensverskaffers voldoen reeds tot ’n mate aan dié vereiste en laat minstens die oordrag van data na ’n volgende maand toe.

Net Cell C laat tans sy kliënte toe om die geldigheid van ’n databondel onbepaald te verleng, maar teen ’n tarief as meer as 500 megagrepe data se geldigheid langer as ’n week uitgestel word.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Data-Oordrag  |  Buitebondeltariewe  |  Selfoonmaatskappye  |  Tegnologie  |  Data  |  Okosa  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.