Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié reëls geld vir Uber, Bolt tydens inperking

App-gegronde taxidienste soos Uber en Bolt sal tydens die nasionale staat van inperking mag sake doen, maar net tydens spesifieke tye.

Uber mag tydens die staat van inperking voortgaan om in bedryf te wees, maar net in sekere tye.Foto: Getty Images

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het aangekondig dié dienste mag net mense tussen 05:00 en 09:00 en dan weer tussen 16:00 en 20:00 vervoer in die hele tydperk wat die staat van inperking geld.

Hulle mag slegs mense vervoer wat noodsaaklike dienste verrig.

Dieselfde reëling geld taxi’s en minibustaxi’s.

Die aantal passasiers in voertuie word ook drasties ingeperk.

’n Voertuig wat gewoonlik vier of vyf mense kon vervoer, mag nou net een persoon (buiten die bestuurder) bevat.

Dit beteken sou jy van Uber of Bolt gebruik maak tydens die staat van inperking, mag niemand anders saamry nie.

Voertuie wat agt persone normaalweg mag vervoer, sal tydens die staat van inperking net vier mense (insluitend die bestuurder) mag bevat.

Beweging tussen stede en tussen provinsies word ook beperk.

Alle pendelvervoerdienste word gestaak, insluitend die Gautrein. Busse en minibustaxi’s mag werkers vervoer wat noodsaaklike take verrig, soos gesondheidswerkers en winkeliers.

Treindienste, insluitend langafstandtreine, word gestaak.

Geen openbare vervoerdienste mag tussen 09:00 en 16:00 op die pad wees nie.

Meer oor:  Uber  |  Bolt  |  Covid-19  |  Vervoer  |  Openbare Vervoer  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.