Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié spotgoedkoop slimfoon kan WhatsApp, Facebook
Die nuwe MTN Smart S-toestel kos net R249. Foto: MTN

Hoewel die prys van slimfone steeds afneem, bly dié toestelle steeds haas onbekostigbaar vir ’n groot aantal mense.

Derhalwe het MTN pas sy eie, spotgoedkoop slimfoon bekend gestel wat net R249 kos.

Met MTN se Smart S-toestel kan jy WhatsApp, Facebook, video’s op YouTube kyk en selfs Google se assistent om hulp vra.

Boonop kry intekenare ook 100 megagreep algemene data en een gigagreep WhatsApp-data per maand vir ses maande.

“Ons woon in ’n land waar die bekostigbaarheid van slimfone een van die grootste faktore is wat toegang tot die internet keer,” sê Jacqui O’Sullivan, hoof van korporatiewe sake.

Volgens haar is die Smart S ideaal vir studente en kleinsakeondernemings.

Luidens navorsing deur die Pew-navorsingsentrum besit 51% van Suid-Afrikaners reeds ’n slimfoon terwyl byna 60% toegang tot die internet het.

Dit is heelwat hoër as ander lande in suidelike Afrika.

MTN bestee reeds meer as R1 miljard per jaar aan subsidies vir slimfone.

“Maar die Smart S maak dit nóg goedkoper vir mense om aan die internet te verbind,” sê O’Sullivan.

Die diensverskaffer het egter verlede week aangekondig die meeste van sy kontrakte word van 1 Mei af duurder.

Die prys van sommige datapakkette styg ook.

Die MTN Smart S-toestel is reeds by sommige MTN-winkels en verskeie supermarkgroepe beskikbaar.

Meer oor:  Mtn  |  Slimfoon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.