Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dié tegnologie laat die Cape Epic se wiele draai
Die Absa Cape Epic-fietstoer vind van 17 tot 24 Maart plaas.

Byna drie kilometer se vesel, 50 WiFi-punte en meer as 2,5 teragrepe data per dag.

Dít is die uitdaging vir die internetdiensteverskaffer Dimension Data vir die komende Cape Epic-fietstoer wat Maandag begin.

Dimension Data is weer die amptelike verskaffer van internettoegang aan die deelnemers van dié uitmergelende bergfietstoer wat Sondag by die Universiteit van Kaapstad begin en ’n week later op die Val de Vie-landgoed buite die Paarl eindig.

Groot dele van die roete vind oor onherbergsame terrein plaas met min of geen toegang tot selfoonseine of ander internetdienste nie.

Die fietstoer is oor agt dae en strek oor 700 km; nietemin sal mediese personeel ingeval van nood langs die roete onmiddellike toegang tot deelnemers se mediese inligting hê.

Die hele wedren word ook vanjaar regstreeks op die Cape Epic se webwerf en op sy Facebook-blad uitgesaai.

Toeskouers sal ook deur middel van die amptelike Cape Epic-app in die gemak van hul huise die vordering van elke span kan volg. Danksy GPS-tegnologie sal inligting soos waar die span trek, hoe vinnig hulle ry en hoe ver hulle van hul naaste teenstander is, regstreeks op die app weergegee word.

Met internettoegang al langs die roete by al die ruspunte sal deelnemers ook deurlopend foto’s en video’s op sosiale media onder die hutsmerk #absacapeepic kan plaas.

Dimension Data verwag dat die deelnemers en organiseerders meer as 2,5 teragrepe data oor die agt dae van die wedren sal gebruik.

Meer oor:  Dimension Data  |  Absa  |  Kaapstad  |  Wifi  |  Cape Epic  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.