Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Die verskil tussen phishing, vishing en smishing
Kuberkrakers kan op verskeie maniere toegang tot jou inligting verkry. Foto: Unsplash

Jy het waarskynlik al gehoor van phishing, oftewel e-posse waarin booswigte hulle voordoen as ’n regmatige persoon of instansie, maar met die eintlike doel om jou geheime wagwoorde te bekom.

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku egter dat sulke uitvissingsboodskappe geensins die enigste manier is waarop misdadigers digitale tegnologie inspan om bankbedrog te pleeg nie.

Nuwe navorsing deur Sabric wys dat meer as die helfte van die bruto verlies weens misdaad in die bankbedryf aanlyn plaasvind.

“Bruto verlies” is ’n term wat verwys na die totale verlies vir die kliënt sowel as die bank. Derhalwe sluit dit gevalle in waar die bank die kliënt se geld terugbetaal het.

Hoewel uitvissingsboodskappe welbekend is, is baie Suid-Afrikaners nie bewus van sogenaamde vishing en smishing nie, waarsku Sabric.

Wat is die verskil tussen phishing, vishing en smishing?

Phishing , oftewel uitvissingsboodskappe, is waar ’n persoon ’n e-pos ontvang, skynbaar van ’n regmatige organisasie soos ’n bank, waarin gevra word hy moet sensitiewe inligting “bevestig”. Sodra daar op die skakel in die e-pos geklik word, word die persoon na ’n vervalste blad herlei wat nes die ware jakob lyk.

Die doel van phishing is om die gebruiker se aanmeldbesonderhede te bekom.

Vishing is wanneer die bedrieër sy of haar slagoffer bel en hulself voordoen as ’n amptenaar van byvoorbeeld ’n bank of ander diensverskaffer. Die boef manipuleer die slagoffer om vertroulike inligting te openbaar.

Dié besonderhede word dan gebruik om die slagoffer te bedrieg of te besteel.

Smishing verwys na sogenaamde SMS-phishing. Dit is wanneer ’n bedrieër sy slagoffer probeer paai om vertroulike inligting per SMS te verskaf.

Dit is ook wanneer ’n skelm sy slagoffer paai om op ’n skakel in ’n SMS te kliek wat dan indringerware op sy selfoon aflaai. - Fin24

Hoe kan ek keer dat ek ’n slagoffer van kubermisdaad word?

Sabric gee die volgende wenke om jouself teen hierdie tipes misdaad te beskerm:

  • Maak altyd seker dit is jou bank of ander instansie se amptelike webwerf voordat jy enige vertroulike inligting invoer.
  • Maak seker die webwerf word beveilig teen kuberaanvalle deur te let of daar ’n klein groen slot langs die adresbalkie is.
  • Moenie op enige skakels in ’n e-pos klik as jy nie seker is waarheen dit gaan herlei nie.
  • Moet nooit op sulke uitvissingsboodskappe reageer nie. Wis dit bloot uit.
  • Tik altyd die webadres van jou bank uit in die adresbalkie binne jou webblaaier.


    Meer oor:  Slenter  |  Kubermisdaad  |  Tegnologie
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.