Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Diefstal van 24 m. se data: Experian weet wie skelm is

Die kredietburo Experian sê die individu wat die data van 24 miljoen verbruikers op ’n bedrieglike wyse by hom bekom het, is geïdentifiseer.

Beslag is gelê op die rekenaar waarop gesteelde inligting geberg is. Foto: Getty Images

“Ons het die verdagte geïdentifiseer en bevestig dat Experian Suid-Afrika daarin geslaag het om ’n Anton Piller-bevel te bekom en uit te voer wat daartoe gelei het dat beslag gelê is op die hardeware van die individu.”

’n Anton Piller-hofbevel is die reg om ’n soektog en beslaglegging op ’n perseel uit te voer.

Volgens die maatskappy is die data wat bekom is, beveilig en uitgewis op die persoon se rekenaar.

Die regsproses word voortgesit en daar word met wetstoepassers en ander owerhede hieroor geskakel.

Toe die voorval ontdek is, het Experian die Nasionale Kredietreguleerder en die Inligtingsreguleerder in kennis gestel.

Die individu is in Suid-Afrika, maar Experian dui nie aan of die persoon ’n Suid-Afrikaner is nie.

Die individu het hom of haar voorgedoen as ’n regte kliënt wat dienste van Experian versoek het.

“Die dienste behels die verskaffing van inligting wat in die normale gang van sake verskaf word of wat publiek beskikbaar is.”

Volgens Experian is sy infrastruktuur, stelsels en databasis nie binnegedring nie. Dit is dus nie ’n kuberaanval nie.

Die kredietburo het verbruikers gepaai dat “geen inligting oor verbruikerskrediet of finansiële inligting van ’n verbruiker bekom is nie”.

Hy het egter nagelaat om te verduidelik watter inligting bekom is. Banke het Woensdag gesê ID- en foonnommers en adresse is bekom.

Volgens die maatskappy dui sy ondersoeke nie daarop dat enige van die inligting wat op onbehoorlike wyse bekom is, vir bedrieglike doeleindes aangewend is nie.

Die ondersoeke dui daarop dat die verdagte van voorneme was om die data te gebruik vir “bemarkingswenke” wat aan versekeraars en kredietverskaffers verkoop kan word.

Meer oor:  Experian  |  Data  |  Banke  |  Inligting  |  Bankbedryf  |  Kredietburo  |  Tegnologie  |  Persoonlike Inligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.