Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Digitale beleid faal gebruikers

Die Vryemarkstigting (FMF) sê swak besluite deur die regering en verouderde ideologie het Suid-Afrikaanse gebruikers meer as net goeie mobiele dekking en laer pryse ontneem. Dit moet nou dringend verander.

Volgens die FMF sal gebruikers in die land nooit die beste telekommunikasiedienste ontvang nie. Foto: Unsplash

Die FMF het ’n maatskaplik-ekonomiese impakstudie bekend gestel oor die regering se beleid vir inligting-en-kommunikasietegnologie (IKT) en spektrum, spesifiek met die klem op die impak daarvan op gebruikers.

Leon Louw, president van die FMF, sê die feit dat spektrum (radiogolwe) nog nie opgeveil is nie, die “mislukte” migrasie van analoog- na digitale aardtelevisie, wanopvattings oor mededinging, en die aandrang op ’n onbeproefde staatsbeheerde groothandel-ooptoegangnetwerk (WOAN) beteken dat gebruikers voordele ontneem is wat elders as vanselfsprekend aanvaar word.

Suid-Afrika het die internasionale mikpunt van 2015 vir digitale migrasie misgeloop. Die proses is vanjaar hervat, met dorpe in die Vrystaat wat in Maart met migrasie begin het.

Louw glo die gebrek aan impakstudies beteken die maatskaplike en ekonomiese gevolge van beleid word “vergeet”.

Die verslag, geskryf deur die bedryfskenner Christoph Klein, uitvoerende hoof van dotadvisors, saam met Louw, bevat belangrike bevindings wat die mislukkings in die verlede en voorgestelde beleid uitlig.

Sleutelbevindinge van die verslag

  • 1. Regeringsmislukking, eerder as “markmislukking”, het veral ’n impak op plattelandse gebruikers met lae inkomste deur onvolledige dekking, hoër pryse, swakker gehalte, verlaagde produktiwiteit en verswakte opvoedingsgeleenthede.
  • 2. 15 jaar van spektrum-weerhouding benadeel gebruikers, veral armes.
  • 3. Mislukte digitale migrasie beteken dat diensverskaffers selfs ná die vertraagde spektrumveiling tot 2023 nie die spektrum van 700 en 800 MHz ten volle kan benut nie. Intussen word gebruikers hoë gehalte en goedkoop dienste ontneem.
  • 4. Misleidende beleid oor mededinging en ingrypende regulasies verdraai die mark, skep beleggingsonsekerheid en moedig teenproduktiewe huurgeld aan.
  • 5. Die regering moet ideologie-gegronde beleide vervang met bewysgegronde beleid waarvan die impak gemeet is.
  • 6. ’n Markgedrewe WOAN sal baie beter wees as die voorgestelde WOAN van die regering.

Klein sê verdere ontwikkeling moet oorgelaat word aan die vrye mark, met spelers soos Vodacom en MTN wat weet wat hulle doen.

“Dis waansin om te dink dat die twee grootste telekommunikasiemaatskappye in die land moontlik nie van die waardevolle spektrum sal kan bekom nie. Die twee het die kapasiteit om die tegnologie verder te ontwikkel en reg te benut om sodoende aan die gebruiker ’n beter diens te verskaf.”

MTN, Vodacom en Telkom het voortdurend hangende hofsake oor die voorgenome proses vir die spektrumveilings.

Meer oor:  Fmf  |  Beleid  |  Diensverskaffers  |  Spektrum  |  Tegnologie  |  Digitale Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.