Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Digitale migrasie ‘kan SAUK verwoes’
Die vinnige migrasie na digitale aardtelevisie kan die SAUK negatief raak. Foto: Shutterstock

Om net skielik die land se analoogtelevisieseine af te skakel kan staatsinstellings soos die openbare uitsaaier en die seinverspreider Sentech vernietig, sê Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie.

Die regering het begin met die proses om die Vrystaat van ’n analoogstelsel na digitale aardtelevisie te migreer.

’n Miljoen uit 4,7 miljoen huishoudings is reeds geregistreer om ’n subsidie van die staat te ontvang wat die koste van ’n nuwe dekodeerder, skottel en die installasie daarvan sal dek.

Hierdie dekodeerders en skottels is nodig om digitale televisieseine te ontvang.

Teen einde Februarie was meer as ’n halfmiljoen huishoudings reeds aan die digitale sein gekoppel. Daar word beoog om die analoogsein teen Julie 2020 af te skakel.

Lees ook: Digitale migrasie: Al jou vrae beantwoord

Ndabeni-Abrahams het aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê die regering wil graag die proses afhandel, maar ongesubsidieerde huishoudings het tans geen manier om die dekodeerders te bekom nie, aangesien dit nie in winkels beskikbaar is nie.

Net kommersiële produkte soos DStv is beskikbaar.

As die ongesubsidieerde mark eerder produkte soos DStv kies, sal dit Sentech negatief raak.

“As die ongesubsidieerde mark, wat groter as die gesubsidieerde mark is, besluit om eerder satellietprodukte soos DStv te gebruik, verwoes ons Sentech en die SAUK, wat nie op hierdie platform is nie,” sê Ndabeni-Abrahams.

Die departement gaan met die vervaardigers van die dekodeerders vergader om te bepaal hoe om die probleem op te los, sê sy.

“Dit is in ons belang om die openbare uitsaaier, Sentech en die staat se geld te beskerm.”

Ndabeni-Abrahams sê daar is baie uitdagings in die digitale migrasieproses, wat al langer as ’n dekade duur.

“Geen minister kon dit al suksesvol afhandel nie. Ek dink dis hoog tyd dat die regering sy benadering heroorweeg.”

Ndabeni-Abrahams het bygevoeg dat die verdere registrasie van die oorblywende 3,7 miljoen huishoudings wat vir ’n subsidie kwalifiseer, die staat R4,9 miljard gaan kos – iets wat die departement nie kan bekostig nie. - Fin24

Meer oor:  Sauk  |  Sentech  |  Stella Ndabeni-Abrahams  |  Tegnologie  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.