Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Digitale migrasieplan lyk nou só
As dít is hoe jou televisie lyk, is dit tyd om op te gradeer! Foto: Pixabay

Ná jare se gesloer met die staat se digitale migrasieprogram van analoog- tot digitale televisie, wat belastingbetalers reeds R10 miljard uit die sak gejaag het, het die kabinet nou ’n hersiene model daarvoor goedgekeur.

Ingevolge die nuwe model sal die regering nie meer betrokke wees by die verkryging van dekodeerders, die stoor daarvan in pakhuise en die vervoer of die installering van die toestelle nie.

Nomvula Mokonyane, minister van kommunikasie, het Donderdagoggend ná afloop van die tweeweeklikse kabinetsvergadering dié aankondiging op ’n mediakonferensie in die parlement gedoen.

Lees ook: Digitale migrasie: Al jou vrae beantwoord

Die besluit is geneem omdat dit volgens haar nie volhoubaar is vir die regering om dekodeerders vir die digitale migrasie aan te koop en te stoor nie.

“Met ontwikkeling en nuwe gevorderde tegnologie het sommige van die ingrypings wat deur die regering oorweeg is, verouderd geraak, en daarom is ’n hibriede ingryping nodig.”

Dié nuwe benadering behels onder meer die totstandkoming van ’n multidissiplinêre adviesraad, vennootskappe met die privaat sektor, sowel as die opleiding van jong mense om die installasies te kan doen.

Op die vraag oor waar die geld vandaan kom, het Mokonyane geantwoord dat ’n mediakonferensie oor die kwessie gehou sal word.

Sy het by navraag gesê die werk wat tot dusver gedoen is, het die regering reeds R10 miljard gekos. Dit sluit die dekodeerders in wat tans in verskeie pakhuise gestoor word.

Die multidissiplinêre adviesraad wat op die been gebring sal word, sal na verskillende modelle kyk en sal van dieselfde opsie vir almal wegbeweeg.

“So, diegene wat veronderstel is om deur die regering gehelp te word, sal steeds bevoordeel word . . .” sê Mokonyane.

Sy het gesê die regering gaan koste bespaar met die nuwe model, slimmer te werk gaan en ook werk skep, en dat daar ook by nuwe tegnologiese ontwikkeling aangepas sal word.

Die kwessie oor VBS Mutual Bank het nie voor die kabinet gedien nie, het Mokonyane by navraag gesê.

Meer oor:  Nomvula Mokonyane  |  Analoog  |  Televisie  |  Digitale Televisie  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.