Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dís hoeveel Uber jou meer gaan kos
Uber se tariewe is van Vrydag af 5% duurder in Suid-Afrika.

Kort voor Kersfees en ondanks ’n verlaging in die prys van brandstof, het Uber sy tariewe Vrydag verhoog met 50c per kilometer.

Dit beteken mense in Johannesburg wat gebruik maak van UberX, sal nou R8 per kilometer betaal en in Kaapstad, Durban en Port Elizabeth sal dit R7,50 per kilometer kos. Die minimumtarief vir UberX sal van R20 tot R25 styg, buiten in Port Elizabeth, waar dit nou R20 kos.

’n Rit met ’n UberXL-voertuig sal in Kaapstad, Durban en Port Elizabeth ook R7,50 per kilometer kos.

Hoewel die koste per kilometer vir UberX en UberXL dieselfde is, maak bykomende koste die UberXL tot sowat 10% duurder.

Die gewilde taxidiens met die styging in bedryfskoste, moet hy sy bestuurders en vennote help om mededingend te bly. Hy wil verseker dat dit ’n betroubare ekonomiese geleentheid vir bestuurders en ’n bekostigbare opsie vir gebruikers bly.

“Vir gebruikers beteken die nuwe tariewe dat ons nog meer kan belê in die tegnologie wat ’n Uber-ervaring so gerieflik maak.”

Dit is onder meer veiligheidsmaatreëls waardeur bestuurders en passasiers private nooddienste kan ontbied. Passasiers kan ook voortaan vyf vriende of familielede as vertrouelinge benoem. Besonderhede oor ’n rit kan dan maklik met dié vyf mense gedeel word, soos wanneer die passasier na verwagting by sy bestemming gaan opdaag.

Meer oor:  Uber  |  Taxi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.