Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Dís wanneer Google Play Music ophou werk in SA
Google Play Music gaan toemaak ten gunste van YouTube Music. Foto: Unsplash

Die musiekstromingsdiens Google Play Music se dae in Suid-Afrika is amptelik getel.

Suid-Afrika gaan een van die eerste lande ter wêreld word waar Google intekenare van sy aanvanklike musiekstromingsdiens na sy jongste musiekstromingsdiens, YouTube Music, gaan oorskuif.

In ’n plasing op sy korporatiewe blog bevestig YouTube (wat deur Google besit word) dat Google Play Music reeds van aanstaande maand af nie meer in Suid-Afrika gaan werk nie.

Suid-Afrika en Nieu-Seeland is die eerste lande waar Google die oorgang van Google Play Music na YouTube Music gaan opdwing.

Vanaf Oktober gaan Google Play Music nêrens meer werk nie, het die stromingsdiens bevestig.

Maar moenie te bekommerd wees oor jou speellyste en gestoorde liedjies en albums nie.

Dit is reeds moontlik om al jou inligting van jou bestaande Google Play Music-profiel na YouTube Music oor te dra.

Albei dié dienste is ook gekoppel aan dieselfde rekening, wat beteken as jy vir die een betaal, het jy toegang tot die ander.

google

Google sal gebruikers tot einde Desember toelaat om speellyste en dies meer van Google Play Music na YouTube Music oor te dra.

Daarna sal speellyste op Google Play Music nie meer beskikbaar wees nie.

Ook musiek wat gebruikers in Google Play Music gekoop het, sal tot dan naatloos na YouTube Music oorgedra word.

YouTube Music bied reeds toegang tot ’n biblioteek van meer as 50 miljoen liedjies.

Die diens skep ook verpersoonlikte speellyste vir gebruikers gegrond op hul smaak in musiek.

YouTube Music kos dieselfde as ander, soortgelyke musiekstromingsdienste teen R59,99 per maand.

Google waarsku reeds maande lank dat hy beplan om Google Play Music heeltemal te sluit ten gunste van YouTube Music wat voortaan as sy enigste musiekstromingsdiens bedryf gaan word.

YouTube Music ding mee met ander musiekstromingsdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer.

Afgesien van miljoene liedjies bied dit ook toegang tot miljoene meer snitte wat as video’s op YouTube gelaai is.

Meer oor:  Google  |  Youtube Music  |  Musiekstromingsdienste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.