Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
DStv af ná vreemde ‘stelselfout’

Duisende mense wat vasgenael sit om die Olimpiese Spele te kyk, het Dinsdag rooi gesien toe DStv van vroegoggend buite werking was.

DStv het namiddag laat weet hy het ’n “stelselfout”.

“Ons ondervind tans ’n stelselonderbreking wat sommige DStv-kliënte beïnvloed wat probeer om kanale te kyk. Ons diensagente sal nie kan help met heraansluitings voordat die onderbreking opgelos is nie. Ons werk daaraan om die probleem so gou as moontlik op te los.”

Die maatskappy het ook om verskoning gevra vir sy trae reaksie op kliënte wat DStv Care op Twitter gekontak het.

In sommige gevalle het kliënte aangedui dat hulle reeds van vroeg die oggend hulp versoek het met die probleem, sonder enige antwoord.

Die probleem was nie net vir kliënte met dekodeerders nie. Sommige mense het ook probleme met die DStv-app gehad.


Meer oor:  Multichoice  |  Tegnologie  |  Dstv  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.