Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
DStv: Almal kan dié naweek sport kyk
Sportliefhebbers sal die naweek na die Portugese Grand Prix kan kyk op SuperSport ongeag hul DStv-pakket. Foto: Getty Images

Intekenare van selfs DStv se heel goedkoopste pakket sal die naweek na sport op al SuperSport se kanale kan kyk.

Die meeste SuperSport-kanale is normaalweg net vir intekenare van DStv se duurste pakket beskore.

MultiChoice, wat DStv bedryf, het Maandag aangekondig intekenare van sy Compact Plus-, Compact-, Family- en Access-pakkette sal op 24 en 25 Oktober volle toegang tot al SuperSport se kanale geniet.

Daar is egter ’n vangplek.

Kykers kry net toegang tot die kanale deur DStv se app.

Dié app, wat onlangs ’n gedaanteverwisseling ondergaan het, heet nou net DStv in plaas van DStv Now soos voorheen.

Van die sportgebeure waarna kykers kan uitsien, sluit in die PGA gholftoernooi Saterdag, die rugbywedstryd tussen die Iere en Italië en die Portugese Grand Prix.

Meer oor:  Dstv  |  Supersport  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.