Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
DStv beloon lojale kykers nou só
Foto ter illustrasie. Lojale kykers van DStv word nou beloon met pryse soos afslag op Showmax en ’n gratis fliek op BoxOffice. Foto: Unsplash

Het jy al ooit gewens jy kan beloon word deur eenvoudig meer televisie te kyk?

DStv het pas sy nuwe lojaliteitsprogram ingestel wat kykers beloon juis op grond van hoeveel tyd hulle voor die kassie deurbring.

Soortgelyk aan Discovery se Vitality-produk, verdien DStv-intekenare punte (in hierdie geval genoem sterre) en word hulle daarvolgens beloon.

Hoe verdien jy punte?

DStv verduidelik in ’n inskrywing op sy webtuiste intekenare verdien sterre deur te doen wat hulle in ieder geval sou doen: deur tyd voor die televisie deur te bring.

Intekenare verdien eerstens tot 15 sterre gegrond op die pakket waarop hulle ingeskryf is.

Jare lange intekenare van DStv word ook met ’n verdere aantal sterre beloon.

DStv stippel nie uit hoeveel sterre hy toeken per jaar van lidmaatskap nie, maar tot 20 kan só verdien word.

Daarbenewens kan bykomende sterre deurlopend verkry word deur onder meer flieks op BoxOffice te huur, Showmax aan jou DStv-rekening te koppel en om vir minstens drie ononderbroke maande lank ingeteken te bly op DStv.

Jou getal sterre bepaal op watter vlak jy belonings ontvang.

Daar is vier vlakke

Lojale kykers word in vier vlakke opgedeel op grond van hul aantal sterre.

Tot 30 sterre beteken jy is ’n beginner. Tot 60 sterre beteken jy is besig om opwaarts te beweeg. Tussen 61 en 90 sterre beteken jy is nou ’n “superster” en meer as 91 sterre beteken jy is “legendaries”.

Elke vlak bring jou in aanmerking vir bykomende belonings.

Wat kan jy kry?

Hoewel die lojaliteitsprogram reeds aktief is, gee DStv nog nie duidelikheid oor presies watter belonings intekenare voor in aanmerking kom gegrond op die onderskeie vlakke nie.

Belonings word wel een maal per maand toegeken en sluit onder meer in ’n gratis fliek op BoxOffice (mits jy reeds daardie maand ’n fliek gehuur het), geskenkbewyse vir Uber Eats en afslag op Showmax.

Intekenare kan ook beloon word met toegang tot ’n duurder pakket as die een waarop hulle ingeteken is teen geen bykomende koste nie.

Volgens DStv word nog baie belonings beplan.

Hoe sluit jy aan?

Intekenare is nie outomaties deel van DStv se nuwe lojaliteitsprogram nie. Om deel te word, moet intekenare DStv se app aflaai en daardeur aansluit.

Lidmaatskap is gratis.

Belonings sal maandeliks toegeken word op grond van intekenare se beloningsvlak en dit sal aanhou totdat die intekenaar sy DStv-intekening kanselleer. Belonings kan nie oorgedra word na ander intekenare nie, sê DStv. Dis ook net beskikbaar aan kykers in Suid-Afrika.

MultiChoice, wat DStv besit en bedryf, het einde September die eerste keer meer as 20 miljoen intekenare aangeteken.

Altesaam 8,7 miljoen daarvan is in Suid-Afrika.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Lojaliteitsprogram  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.