Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
DStv bied nou opsie om net te stroom
DStv maak dit nou moontlik vir kykers om op sy diens in te teken en die inhoud net te stroom na ’n selfoon of ander slimtoestel. Foto: Unsplash

Net soos Netflix of Showmax sal Suid-Afrikaners nou ook op DStv as stromingsdiens kan inteken sonder om ’n satellietskottel of dekodeerder aan te skaf.

Die prys van DStv se pakkette net vir stroming kos egter dieselfde as sy pakkette vir satelliettelevisie.

DStv (voorheen bekend as DStv Now) bied toegang tot al DStv se regstreekse kanale en ander inhoud op enige slimtoestel.

Die DStv-app kan ook gebruik word om inhoud op ’n slimtelevisie te wys.

Kortom funksioneer die app net soos ’n dekodeerder, maar alles werk net oor die internet in stede van met ’n satellietverbinding.

DStv, wat deur MultiChoice besit en bedryf word, het aanvanklik in Augustus vanjaar sy planne aangekondig om sy produk ook as ’n afsonderlike stromingsdiens beskikbaar te stel.

Hy het toe melding gemaak van ’n eie stromingstoestel, die DStv Streama, wat kliënte sal kan aanskaf om sy inhoud mee te kyk. Dié toestel is nog nie amptelik bekend gestel nie.

In stede daarvan sal kykers nou enige Android-, iOS- of ander slimtoestel kan gebruik om DStv te stroom sonder ’n dekodeerder of satellietskottel.

Die prys van DStv se premium pakket kos R819 per maand vir sowel die opsie om dit slegs te stroom of die opsie om ’n satellietskottel te installeer.

Dieselfde geld Comapct Plus (R529 per maand) en ander goedkoper pakkette.

Intekenare van hierdie pakkette met skottels kry in ieder geval ook toegang tot DStv se app waarop hulle ook dieselfde inhoud kan stroom.

’n DStv-intekening met die opsie om net te stroom is dus eintlik net ideaal vir ’n kyker wat nie toegang het tot ’n satellietskottel nie of in ’n gebied met slegte satellietopvangs woon.

In daardie geval benodig die kyker net vinnige, onbeperkte internettoegang.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Stromingsdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.