Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
DStv het goeie nuus oor gewilde kanale
Die History-kanaal verdwyn nie meer van DStv nie. Foto:

DStv het Donderdag aangekondig hy kon op die nippertjie daarin slaag om ’n nuwe ooreenkoms met die eienaars van die televisiekanale History en Lifetime te sluit.

Dié kanale sou kragtens ’n vorige aankondiging om middernag van die kassie verdwyn omdat DStv se kontrak met A+E Networks verstryk het.

Gelukkig kon die partye ter elfder ure daarin slaag om ’n nuwe ooreenkoms te beklink wat vir etlike jare gaan geld, berig Channel 24.

Dit beteken liefhebbers van programme op History en Lifetime sal steeds vanaf Vrydag daarna kan kyk.

Die slegte nuus is egter dat Crime + Investigation steeds van die kassie gehaal word omdat ’n ooreenkoms daaroor nie bereik kon word nie.

Crime + Investigation word wel steeds vervang met twee nuwe kanale.

Dit is nog nie bekend watter kanale kom nie, maar ’n woordvoerder het net aangedui een is ’n “gevestigde internasionale handelsnaam” en die ander ’n “nuwe, innoverende” kanaal.

Albei kanale sal ’n “verskeidenheid” van opwindende programme bevat, insluitende dokumentêre en werklikheidsreekse.

DStv-kykers was die afgelope maand behoorlik die josie in ná die bekendmaking dat die History, Lifetime en C + I gaan verdwyn.

In ’n verklaring sê Yolisa Phahle, hoof van algemene vermaak by Multichoice, hulle is “dankbaar vir intekenare se geduld en terugvoer” oor die kwessie.

“Ons dra ons intekenare se belange op die hart en gaan aanhou om hard te probeer om ons aanbod te verbeter.”

Wat gaan aan met kykNET?

Intussen het DStv óók aangekondig hy sluit ’n goedkoper pakket wat kykNET bevat.

Alle intekenare van sy historiese Select-pakkette word na sy Family-pakket oorgeskuif.

kykNET is nie deel van dié pakket nie.

LEES OOK: Verloor jy kykNET? Hier's jou opsies

Die skuif was veronderstel om vandeesweek Dinsdag te gebeur, maar teen Donderdag het verskeie intekenare van Select laat weet hulle het steeds toegang tot dieselfde kanale, insluitende kykNET.

Meer oor:  Multichoice  |  Tegnologie  |  Dstv  |  Televisie  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.