Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
DStv nou 168% duurder as 20 jaar gelede
DStv se tariewe styg op 1 April. Foto: Unsplash

Suid-Afrikaners kla gewoonlik in Februarie elke jaar steen en been wanneer MultiChoice sy prysverhogings vir sy verskillende DStv-pakkette aankondig.

Die jongste prysstygings is pas bekend gemaak.

Daarvolgens styg DStv se Premium-pakket vanaf 1 April met 1,24%, oftewel R10, tot R819 per maand.

LEES OOK: Só raak DStv in April duurder

Dié duurste pakket is nou 168% duurder as twee dekades gelede.

In 2000 was daar nog nie verskillende DStv-pakkette om van te kies nie. Die enigste DStv-pakket het toe R305,60 per maand gekos. Oor die volgende tien jaar het die prys van ’n DStv-intekening jaarliks met tussen 3,1% en 7,2% gestyg.

Van 2011 tot 2013 was die prysstygings onder 6% per jaar.

Die grootste styging was in 2016, toe DStv se Premium-pakket in April van daardie jaar 8,6% duurder geword het. Dit het toe R759 per maand gekos.

Sedert 2017 is die jaarlikse styging aansienlik laer. In 2019 het MultiChoice die prys van DStv Premium onveranderd op R809 per maand gelaat.

Vanaf April vanjaar sal dit nou R120 per jaar meer kos. Tog is die jongste prysstyging ver onder inflasie.

dstv

MultiChoice het in September aangekondig hy gaan die prys van DStv in verskeie Afrika-lande verlaag.

Dis reeds heelwat goedkoper in Nigerië en Angola as in Suid-Afrika, maar kykers daar het nie toegang tot presies dieselfde inhoud nie.

DStv is die duurste in Ethiopië, Malawi, Mosambiek, Kenia, Uganda en Tanzanië, waar die toppakket reeds meer as R1 000 per maand beloop.

Ten spyte van klagtes oor alewige herhalings van programme en DStv se skynbare monopolie met die plaaslike uitsaairegte van sport, het die betaaltelevisiediens tog meer as 1,2 miljoen nuwe intekenare in die ses maande tot einde September bygekry. Dis 7% meer as die vorige jaar dieselfde tyd.

Sowat 600 000 van die nuwe intekenare is in Suid-Afrika, wat ook die meeste intekenare het. DStv het tans sowat 8,2 miljoen intekenare in Suid-Afrika, vir ’n groottotaal van 18,9 miljoen regoor Afrika.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.