Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
DStv sluit 3 gewilde kanale
DStv gaan drie gewilde kanale sluit. Foto: Unsplash

Drie van DStv se gewildste kanale gaan die einde van vandeesmaand van die lug verdwyn.

History, Crime + Investigation én Lifetime gaan vanaf 31 Oktober om middernag nie meer op enige van DStv se pakkette beskikbaar wees nie, het ’n woordvoerder bevestig.

MultiChoice, wat DStv besit, voer aan dié stap word gedoen as deel van sy volgehoue pogings om “vars” en “opwindende” inhoud aan kykers te verskaf.

Channel24 berig egter dat die drie kanale verwyder word omdat onderhandelings met die eienaar, A+E Networks, misluk het.

DStv se kontrak met A+E Networks om die drie kanale te beeldsend, verstryk op 1 November.

DStv se Premium- en Compact Plus-kykers het jare reeds toegang tot die drie kanale wat gewilde programme soos Little Women, Homicide Hunter, Curse of Oak Island en The First 48 uitsaai.

Volgens DStv gaan van die programme wel op ander kanale beskikbaar wees, soos Lifetime se Housewives-realiteitsreeks.

Dit is onduidelik hoekom die onderhandelings tussen MultiChoice en A+E skipbreuk gely het, maar die Amerikaanse netwerk sê hy gaan steeds probeer om die situasie te beredder sodat kykers in Afrika toegang tot sy programme kan kry.

Twee nuwe kanale word wel in die plek van die verlore drie ingestel.

Volgens die woordvoerder is die een ’n “gevestigde internasionale handelsnaam” en die ander ’n “nuwe, innoverende” kanaal.

Albei kanale sal ’n “verskeidenheid” van opwindende programme bevat, insluitend dokumentêre en realiteitsreekse.

“Die proses maak deel uit van volgehoue onderhandelings met inhoudsverskaffers om te verseker dat ons boeiende inhoud aan kykers verskaf.”

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.