SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Tegnuus
DStv: SuperSport beskikbaar op goedkoper pakkette
SuperSport sal vir drie naweke beskikbaar wees vir al DStv se kykers. Foto: SuperSport

Sportliefhebbers op al DStv se goedkoper pakkette kan uitsien na ’n magdom internasionale en plaaslike sport oor die volgende drie naweke.

MultiChoice het aangekondig dat al sy kliënte op die DStv Access-, Family-, Compact- en Compact Plus-pakkette tussen 13 en 31 Julie toegang tot al sy SuperSport-kanale gaan kry. Normaalweg het net Premium-kykers toegang tot dié kanale.

Van die sporthoogtepunte waarna kykers kan uitsien sluit in die Wêreldbeker-sokkertoernooi se eindstryd hierdie Sondag, die Wimbledon-eindstryd van die mans en vroue, aksie op die krieketveld tussen die Proteas en Sri Lanka sowel as die Britse Ope gholftoernooi.

Daarbenewens is daar Superrugby se uitklopwedstryde en die eerste Wêreldbeker vir atlete om na uit te sien.

Die Blitsbokke begin ook hul aanslag in die Wêreldbeker-sewestoernooi op 21 Julie.

“Sport is ’n pragtige manier om vriende, families en soms selfs vreemdelinge te verenig,” sê Calvo Mawela, MultiChoice se uitvoerende hoof in Suid-Afrika in ’n verklaring.

“Dit is ons manier om ons kliënte te bedank vir hul ondersteuning.”

Al sy kykers sal ook die sportgebeure regstreeks op die DStv Now-app in die tydperk kan volg.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Rugby  |  Wêrelbekersokker  |  Wimbledon  |  Tennis  |  Supersport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.