Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
DStv word goedkoper, maar nie in SA
MultiChoice se hoofkantoor in Johannesburg.

MultiChoice gaan die prys van DStv in verskeie Afrikalande van 1 September verlaag, maar nie in Suid-Afrika nie.

Die maatskappy, wat vroeër vanjaar afsonderlik op die JSE genoteer het, beplan om die prys van DStv dwarsoor die ooste van die vasteland met tot 37% te sny.

In Uganda word DStv op 1 September tot 30% goedkoper en in Kenia tussen 5% en 37%, afhangende van die pakket.

Kykers in dié lande is reeds oor die prysverlaging ingelig en MultiChoice het dit ook by navraag aan Netwerk24 bevestig.

Volgens Benedict Maaga, senior kommunikasiebestuurder vir korporatiewe sake, neem MultiChoice verskeie faktore in ag om die prys van DStv in verskillende lande en streke te bepaal.

Dit sluit in faktore soos inflasie, die koste om inhoud te skep en die plaaslike wisselkoers. Belasting is ook ’n sterk oorweging.

Volgens Maaga vergelyk die prys van DStv-premium in Suid-Afrika gunstig met die prys in die res van Afrika.

’n Vinnige omskakeling van die plaaslike prys van DStv in verskeie Afrikalande na randwaarde wys dit blyk inderdaad die geval te wees. (Sien ook grafika hieronder.)

Suid-Afrika, Swaziland en Namibië is op twee na die goedkoopste lande op die vasteland ten opsigte van die koste van DStv-premium.

Angola is die goedkoopste teen R500 per maand en Nigerië die tweede goedkoopste teen R660 per maand. In Suid-Afrika kos DStv-premium R809 per maand.

In Uganda en Kenia kos dié pakket bykans dieselfde, onderskeidelik R1 160 en R1 150.

In Malawi en Mosambiek kos dit R1 170 per maand; Botswana is redelik goedkoop teen R820 per maand. Ethiopië, waar kykers in Amerikaanse dollar vir die diens betaal, is DStv-premium die duurste teen meer as R1 200 per maand.

Volgens Maaga sal MultiChoice weer voor 1 April 2020 die nuwe pryse vir DStv se verskeie pakkette in Suid-Afrika aankondig.

k

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.