Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook-fout: ‘Duisende’ kinders blootgestel
Facebook het erken daar was ’n fout met een van sy apps spesifiek vir kinders. Foto: Unsplash

Facebook het erken dat sy “veilige” platform vir kinders jonger as 12 toe al die tyd nie so veilig was nie.

Weens ’n “integrale fout” in die ontwerp van Messenger Kids, kon vreemdelinge geselsies aanknoop met kinders so jonk as ses.

Facebook het Messenger Kids in 2017 bekend gestel as ’n platform waarop die jongspan met vriende en familie kon gesels sonder die gevaar dat vreemdelinge hulle daarop kan kontak.

Die idee was dat ouers elke nuwe “vriend” op Messenger Kids eers sou goedkeur.

The Verge berig ’n “integrale fout” in die ontwerp van Messenger Kids het egter die teenoorgestelde uitwerking gehad en het vreemdelinge juis toegelaat om sonder goedkeuring met bloedjong kinders te begin gesels.

Messenger Kids is tans net in sekere lande beskikbaar, waaronder Amerika, Kanada en Peru. Dit is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.

LEES OOK: Facebook kry klets-app vir bloedjonges

Luidens The Verge het Facebook die afgelope week stil-stil na ouers begin uitreik met ’n onheilspellende boodskap dat ’n “tegniese fout” veroorsaak het dat hul sproetjies aan ’n groepgesprek met ’n vreemde persoon kon deelneem.

Die sosialemediareus het nie meer uitgewei oor die aard van die persoon, of persone, wat op ’n onregmatige wyse met kinders op Messenger Kids kon gesels nie.

Facebook het ook nog nie amptelik op die “tegniese fout” gereageer nie, maar het wel bevestig hy het dieselfde boodskap na “duisende” ouers gestuur.

Volgens ’n verteenwoordiger het Facebook die betrokke groepgesprekke gesluit en aan ouers “bykomende hulpbronne” verskaf ten einde die veiligheid van hul kinders op Messenger Kids te verseker.

Intussen hang ’n massiewe boete van $5 miljard oor Facebook se kop vir sy aandeel in die sogenaamde Cambridge Analytica-skandaal waartydens meer as 80 miljoen van sy gebruikers se persoonlike inligting deur ’n derde party bekom is.

Die Amerikaanse handelskommissie sal na verwagting binne die volgende paar weke Facebook se finale straf vir sy aandeel in die skandaal bekendmaak.

Meer oor:  Facebook  |  Messenger  |  Privaatheid  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.