Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Duisende passasiers se kaart-besonderhede lek
Een van British Airways se vliegtuie. Foto: Getty Images

British Airways moes Vrydag om verskoning vra nadat meer as 380 000 passasiers se kredietkaartbesonderhede oor ’n tydperk van twee weke van sy webwerf en app af gesteel is.

Die lugdiens het Woensdag ontdek mense wat tussen 21 Augustus en 5 September besprekings gedoen het, het onder ’n “baie gesofistikeerde, kwaadwillige aanval” deur kuberkrakers deurgeloop.

Alex Cruz, uitvoerende hoof, sê die maatskappy het dadelik die passasiers gekontak wie se inligting gesteel is.

Honderde duisende passasiers se kaartbesonderhede is in gevaar gestel, sê die lugdiens. Die kuberkrakers het toegang verkry tot name, straat- en e-posadresse, kredietkaartnommers, vervaldatums en sekuriteitskodes – genoeg inligting om rekeninge leeg te steel.

British Airways se moedermaatskappy, International Airlines Group, se aandeelprys het Vrydag met tot 4% gedaal.

Cruz het gesê die lugdiens is “baie jammer” vir die ontwrigting wat deur dié gesofistikeerde misdaad veroorsaak is. Dit is die eerste keer in die meer as 20 jaar wat British Airways besprekings aanlyn doen, dat so iets gebeur, sê hy.

Volgens Cruz het die misdadigers nie die lugdiens se enkripsie gekraak nie, maar hy wou nie verduidelik wat presies gebeur het nie.

“Misdadigers gebruik ander, baie gesofistikeerde metodes om die data te kry,” het hy aan die BBC gesê.

British Airways het passasiers Donderdag gekontak en aangeraai om hul banke te kontak en hul raad te volg. Die lugdiens het ook Vrydag advertensies in nasionale koerante geplaas.

Cruz het bevestig enigiemand wat geldelike skade gely het, sal vergoed word.

“Ons het dadelik met passasiers gekommunikeer toe ons uitgevind het data het uitgelek. Dit was ons prioriteit,” sê Cruz. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.