Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Eat Out maak uiteet maklik met nuwe app

Het jy al ooit in ’n onbekende dorp of stad aangekom en gewens jy het geweet waar ’n lekker restaurant is om iets te gaan eet? Danksy Suid-Afrika se gewildste restaurantgids is dit nou makliker as ooit. 

Die nuwe Eat Out-app wil honger restaurantgangers met hul naaste restaurant verbind.

Aileen Lamb, besturende direkteur van New Media, die uitgewer van Eat Out, vertel hulle het ’n gulde geleentheid raakgesien om Suid-Afrika se smulpape met hul lys van restaurante te verbind. Eat Out bekroon jaarliks die beste restaurante in die land.

Die eindproduk is die Eat Out-app, wat amptelik op 8 Junie bekend gestel word.

Daarop sal kosliefhebbers op ’n kaart kan sien watter restaurante is in die omtrek, in enige dorp of stad in Suid-Afrika. Meer as 1 000 restaurante word reeds gelys en Lamb verwag dat dié syfer net by die dag gaan groei. 

“Ek is regtig trots op wat ons vermag het,” sê sy.

“Ons het die grootste databasis van restaurante in Suid-Afrika. Eat Out is ’n handelsnaam wat gebruikers vertrou. Selfs al dink jy jy ken al die restaurante in jou omgewing, is daar altyd nuwes om te ontdek.”

Dit is ook verspot maklik vir restaurante om op die Eat Out-app gelys te word, sê Lamb.

Haar span het die meeste van die voetwerk reeds afgehandel, so as jou restaurant reeds op Eat Out se lys op sy webwerf verskyn, is al jou inligting reeds vooraf op die app gelaai. Jy kan bloot ’n vorm invul en dit word geaktiveer. Meer as 6 500 restaurante verskyn reeds op dié lys. 

Sodra ’n restaurant aandui dit wil ook by die app ingesluit word, kan honger restaurantgangers na hul spyskaart kyk, resensies lees en regstreeks ’n tafel bespreek, sonder om enigiemand te bel.

Restaurante betaal niks om gelys te word nie.

“In ons navorsing het ons gesien dat ’n subskripsieheffing een van die grootste haakplekke is wat keer dat restaurante by so ’n diens wil betrokke word,” sê Lamb.

Daarom het Eat Out besluit om restaurante eerder ’n vaste bedrag te vra vir elke suksesvolle bespreking. Daarvolgens word daar ’n bedrag van R10 verhaal vir elke restaurantganger wat ’n tafel deur die app bespreek het en opgedaag het. 

“Ons het die gehoor, nou kan ons hulle verbind met eetplekke,” sê Lamb.

Nog ’n app in dié mark is Dineplan wat hul brood en botter verdien deur restaurante ’n bedrag te hef om daarop gelys te word. 

Laai die Eat Out-app in die Android- en iOS-winkel af. 

  • New Media is ’n filiaal van Media24, waarvan Netwerk24 ook ’n produk is.
Meer oor:  Eat Out  |  Restaurante  |  App  |  Tegnologie  |  Uiteet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.