Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Eerste ‘amptelike’ steelfoto’s van nuwe Samsung
Die eerste “steelfoto’s” van die nuwe Samsung Note 10.Foto: WinFuture

Oudergewoonte het steelfoto’s van Samsung se jongste vlagskipfoon aan die media uitgelek etlike weke voordat die toestel amptelik bekend gestel word.

Gerugte wil dit natuurlik hê dat dit Samsung self is wat hierdie kiekies oor sy nuwe fone laat uitlek in ’n poging om opwinding daaroor te skep.

In die jongste geval het twee betroubare bronne, naamlik die nuusblad WinFuture én die jong tegnologiekenner Ishan Agarwal, foto’s van Samsung se nuwe Note 10 bekom.

Die Note 10 word op 7 Augustus gelyktydig in Suid-Afrika en elders bekend gestel.

Jy sal verskoon word as jy ook dink die Note 10 lyk op ’n haar soos Huawei se jongste vlagskipfoon, die P30 Pro, wat in Maart bekend gestel is.

Die toestelle spog met dieselfde kleurskema – ’n skakering van blou en pers – en ook met dieselfde algehele voorkoms.

Volgens die steelfoto’s gaan die Note 10 ’n drieledige kamera hê, nes die P30 Pro, sowel as ’n voorste selfie-kamera.

Die vingerafdruksensor van die Note 10 is skynbaar ook in die skerm ingebou, soortgelyk aan ander hipermoderne slimfone wat vanjaar uitgereik is.

Die Note 10 gaan glo ook Samsung se eerste toestel sonder ’n tradisionele opening vir oorfone wees. Sy mededingers, insluitend Apple en Huawei, het reeds in hul jongste toestelle daarmee weggedoen.

Die prys van die Note 10 is nog nie bekend nie.

Meer oor:  Samsung  |  Slimfoon  |  Tegnologie  |  Note 10
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.