Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Eiland gemaan oor kriptogeld as wettige betaalmiddel
Die Marshall-eilande in die Stille Oseaan beplan om naas die Amerikaanse dollar ook sy eie digitale geldeenheid ’n wettige betaalmiddel te verklaar. Foto: Flickr

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het die regering van die Marshall-eilande gewaarsku om nie ’n digitale geldeenheid as wettige betaalmiddel te aanvaar nie.

Die klein eilandnasie in die Stille Oseaan het in Februarie wetgewing deurgevoer wat die gebruik van Sovereign, ’n kriptogeldeenheid, wettig.

Daar word beplan om die eerste digitale munte later vanjaar aan die publiek beskikbaar te stel, berig die BBC.

Die IMF het egter in ’n streng bewoorde verklaring gewaarsku dat die land sy planne in oënskou moet neem aangesien die voordele daarvan heelwat minder is as die moontlike skade aan sy ekonomie en reputasie.

Die Amerikaanse dollar is op die oomblik nog die enigste wettige betaalmiddel op die Marshall-eilande.

Die IMF is ’n Amerikaanse organisasie wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word. In die verklaring skryf Christine Lagarde, die organisasie se uitvoerende direkteur, dat die daarstel van ’n digitale geldeenheid as wettige betaalmiddel die eilande se “finansiële integriteit” skade kan berokken, en dat dit die land se enigste handelsbank van ander banke gaan vervreem.

Dit plaas ook die Bank of Marshall Islands (BOMI) se verhouding met Amerikaanse banke in gedrang, wat die inbring van dollars na die land kan bemoeilik.

Dié eilandnasie met sy 53 000 inwoners het ’n piepklein ekonomie en maak baie staat op finansiële steun van Amerika, met wie hy ’n verdrag van vrye assosiasie in 1986 onderteken het.

Die Marshall-eilande was voorheen ook ’n kolonie van Amerika voor sy onafhanklikwording in 1979.

Die regering van die eilandnasie het in Februarie gesê hy beplan om naas die dollar ook ’n kriptogeldeenheid as wettige betaalmiddel te gebruik juis om sy “nasionale vryheid” ’n stap verder te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.